TV Plus (Afrikaans)

Cecile se hart versag

Vince kry uiteindeli­k die kans om ’n pa te wees.

-

Dis D- dag vir Vince (Jacques Blignaut) in sy stryd om deel te word van sy seun, Christophe­r (Jiphtael Langeveldt), se lewe. Die landdros lewer op Woensdag 26 April uitspraak in die toesigsaak, wat in die hof gaan draai het ná die mediasie tussen Vince en Cecile (Chantal Stanfield), sy eks en Christophe­r se ma, misluk het.

HOU ASEM OP . . .

Ons hou vir ’n oomblik asem op wanneer Cecile se prokureur, Lesedi (KB Motsilanya­ne), op Dinsdag 25 April vir Vivian ( Vinette Ebrahim), die koekoes tweelingsu­ster van Charmaine (Vinette Ebrahim), roep om te getuig. Maar Vivian het (vreemd genoeg?) niks slegs te sê oor Vince nie, en dit begin lyk of hy die saak kan wen.

Maar wanneer die landdros tog vir Cecile volle toesig oor Christophe­r gee, bars alle hel los. Vince gee uiting aan jare se opgekropte woede – en bevind homself nog dieselfde aand agter tralies vir minagting van die hof.

Vince se broer, die prokureur Xander (Theodore Jantjies), besoek Cecile later die aand om haar te probeer oorreed om Vince tog toe te laat om Christophe­r te sien.

Chantal sê die gesprek met Xander laat Cecile besef sy doen haar kind ’n onreg aan. “Christophe­r sal haar later in sy lewe verwyt as hy nie ’n verhouding met sy biologiese pa kon hê nie,” vertel Chantal.

PA EN SEUN ONTMOET

Vince word op Donderdag 27 April vrygelaat en is verheug wanneer hy by Xander hoor Cecile het haar hart versag en hy kan nog dieselfde dag sy seun sien.“Vince is in ekstase,” vertel Jacques. “Dis asof sy hele lewe vir hom meteens sin maak.”

Wanneer Cecile later die dag vir Christoper na die Beleef-kosemporiu­m, waar Vince werk, bring, is dinge eers bietjie ongemaklik. Maar sodra Cecile haar uit die voete maak en Xander en Vince se ander broer, Justin (DannJacque­s Mouton), opdaag, ontspan almal en die kuier verloop gemoedelik.

WATW VAN BONITA?

VinceV kom op Maandag 1 Mei agtera sy vrou, Bonita (Hildegardt Whites),W is nie so verheug oor die pa-seun-verhouding as wat hy gehoop het nie. “Dit pla hom, w want sy vermy dit om saam m met Christophe­r te kuier,” s sê Jacques. Tog besef Vince d dis vir haar pynlik om te v verwerk, want hulle het n nog nie self kinders nie en C Christophe­r is sy fling se s seun. G’n wonder Bonita v voel kop onderstebo nie.

 ??  ?? Vince kan sy norsheid laat staan, want hy kry goeie nuus oor sy seun. Bonita (heel bo), Vince se vrou, en sy eks, Cecile.
Vince kan sy norsheid laat staan, want hy kry goeie nuus oor sy seun. Bonita (heel bo), Vince se vrou, en sy eks, Cecile.
 ??  ?? Christophe­r.
Christophe­r.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa