TV Plus (Afrikaans)

Dood of genadedood?

Joyce soek by die kliniek hulp met genadedood, maar dan sterf Rob onverwags.

-

Genadedood is ’n omstrede kwessie en nie iets wat maklik uitvoerbaa­r is nie – soos Joyce Olivier (Jana Fischer) en haar sterwende man, Rob (Jacques Wolmarans), uitvind. Op Woensdag 19 April het ’n hoogs ontstelde Joyce haar man met pankreas kanker in die Binneland-kliniek laat opneem. Die Oliviers is goed bevriend met dr. Steve Abrahams (Clint Brink) en sy vervreemde vrou, Bronwyn (Kim Cloete). “Joyce het Rob kliniek toe gebring, want sy kon dit nie langer verduur om haar man te sien ly nie en wou Steve vra om genadedood op Rob toe te pas,” vertel Jana. Maar sy besef gou haar wens gaan nie maklik bewaarheid word nie – of nie soos sy gedink het dit gaan gebeur nie.

’N EGGENOOT SE PLEIDOOI

Nadat Steve twee keer geweier het om haar versoek uit te voer, pleit Joyce op Woensdag 26 April by Conrad (Hykie Berg) om Rob te help sterf – of hy moet haar wys wat sy kan doen om hom van sy lyding te verlos. Annelize (Cindy Swanepoel) en Wilmien (Néna Butler) hoor hoe Joyce Conrad smeek om haar te help. “Daarna het alles vinnig gebeur. Toe Joyce weer by Rob se bed kom, was hy besig om te sterf,” vertel Jana.

Maar dit blyk gou Rob het nie aan natuurlike oorsake gesterf nie en boonop word ’n groot hoeveelhei­d morfien van die medisynetr­ollie vermis. Wie het dit toegedien as dit die oorsaak was?

ANNELIZE STEL ONDERSOEK IN

Steve is die volgende dag baie neerslagti­g oor sy vriend se dood. “Oudergewoo­nte begin Annelize speurder speel, maar Steve wil niks van haar teorieë hoor nie,” vertel Jana. Selfs Bronwyn begin snuf in die neus kry en sy vra Steve reguit of hy aandadig was aan Rob se dood, maar hy skud net sy kop. Annelize ondervra ook Naomi (Je-ani Swiegelaar), want sy het die vermiste morfien raakgesien, maar Naomi sê sy het nie die aand van Rob se dood gewerk nie.

Joyce hoor op Vrydag 28 April daar gaan ’n nadoodse ondersoek op Rob gedoen word, en dan word meer mense verdink.

WIE WAS VERANTWOOR­DELIK VIR ROB SE DOOD?

Die volgende mense is verdagtes: Verpleegst­er Wilmien Deysel (Néna Butler):

Sy is naïef en kon dit nog nooit verdra om iemand te sien ly nie. Bronwyn Abrahams (Kim Cloete): Bronwyn is getroud met ’n dokter en dit behoort haar nie lank te neem om uit te pluis hoe om ’n oordosis morfien toe te dien nie. Sy kon Rob se lyding en Joyce se smart nie langer verduur nie.

Dr. Steve Abrahams (Clint Brink): Hy is emosioneel betrokke by die Oliviers en sy vriend se lyding. Steve het talle geraamtes in die kas en het al baie vir Bronwyn en ander mense gelieg; wie sê hy sal nie so iets vir sy vriend doen nie? Verpleegsu­ster Naomi Ferreira (Je-ani

Swiegelaar): Naomi ken die verskil tussen reg en verkeerd. Maar al is genadedood ’n grys gebied, beteken dit nie noodwendig sy sal nie die wet oortree nie.

Dr. Conrad Bester (Hykie Berg): Conrad hou nie daarvan om mense te sien ly nie. As chirurg moet hy mense help, al beteken dit hy moet hulle van hul pyn verlos. Joyce Olivier (Jana Fischer): Dis verskrikli­k vir haar om te sien hoe haar lewensmaat ly. Joyce kon leer hoe om sy lyding kort te knip. Rob Olivier (Jacques Wolmarans): Dit was Rob se wens om sy lyding te beëindig. Hy kon dit self doen – al was hy uiters swak.

 ??  ?? Conrad doen sy bes om Rob se hart weer aan die gang te kry, en Rob se vrou, Joyce, is ontroosbaa­r.
Conrad doen sy bes om Rob se hart weer aan die gang te kry, en Rob se vrou, Joyce, is ontroosbaa­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa