TV Plus (Afrikaans)

Nuwe hartstog

Pippa en Alex soen en hulle raak ál meer opgetrek met mekaar.

-

Een ding laat die nuwe enkelma Pippa Malherbe (Nadia Valvekens) van haar probleme met haar baba, die vyf weke oue Dian, vergeet: die vonk tussen haar en Alex (Ashley Dowds), ook ’n enkelpa. Hy soen haar op Woensdag 26 April hartstogte­lik tydens hul afspraak en Pippa is in die wolke, sê Nadia. “Dis mos lekker as ’n man aan jou aandag gee, al voel jy nie goed oor jouself nie,” voeg sy by. Maar of Alex die antwoord op haar probleem is, is ’n ander vraag, want Pippa se jaloerse eks, dr. Conrad Bester (Hykie Berg), is nog in die prentjie en Alex het ’n geheimsinn­ige verlede.

DIE EKS EN DIE AFSPRAAK

Alex en Conrad ontmoet mekaar vinniger as wat Pippa gehoop het – net twee dae ná die soen. “Conrad sal eintlik altyd in die prentjie wees, want hulle het ’n baie sterk verbinteni­s,” sê Nadia. Sy en Alex is in Tonik wanneer Conrad daar aankom en Alex voel gou die atmosfeer tussen die twee aan. “Pippa kom agter Alex het twee en twee bymekaarge­sit oor haar en Conrad, en sy vertel hom ná die ongemaklik­e ontmoeting van haar en Conrad se geskiedeni­s. Sy laat Alex ook mooi verstaan sy wil nie meer ingewikkel­de verhouding­s hê nie,” vertel Nadia.

Ná die gesprek laat Alex nie op hom wag nie en vra Pippa op hul eerste amptelike afspraak, ’n fliek, uit. “Sedert sy Alex ’n maand gelede ontmoet het, was hy ’n groot steunpilaa­r,” sê Pippa. “Alex, wat iets in die veertig is, is ook ’n goeie pa vir sy babadogter, Eva.”

ONTNUGTERI­NG

Haar verhouding met Alex ontwikkel vinniger as wat sy gedink het, en ná die fliekafspr­aak op Maandag 1 Mei kuier Pippa en Alex in Nagskof. Pippa stel voor hulle kuier die volgende keer by Alex se huis, maar hy is huiwerig. Op Dinsdag 2 Mei maak Alex en Pippa weer planne vir die aand, maar Alex kanselleer die afspraak uit die bloute. Wanneer Pippa Alex later die aand bel, antwoord ’n vrou Alex se selfoon. Pippa wonder of Alex so eerlik met haar is oor sy verlede en of hy dieselfde oor haar voel. Dalk het dit iets met Dian te doen, of dalk lees sy die situasie verkeerd – net Alex sal in die stadium weet.

 ??  ?? Karli vang Pippa en Alex onkant. Alex.
Karli vang Pippa en Alex onkant. Alex.
 ??  ?? Conrad is steeds in die prentjie.
Conrad is steeds in die prentjie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa