TV Plus (Afrikaans)

Hier kom moeilikhei­d!

Lorette speel met vuur wanneer haar eks Dolf weer in die prentjie kom.

-

’n Vriendskap met ’n eks is gewoonlik ’n lastige besigheid, veral as ’n mens jouself in ’n nuwe verhouding bevind – en dit met ’n vurige rugbyspele­r wat nie sal skroom om ’n vuishou hier en daar uit te deel nie. Dis die universite­itstudent Lorette (Ilse-Lee van Niekerk) se dilemma. Sy gaan uit met Blitz ( Werner Coetser), kaptein van die Stryders rugbyspan, maar sy het op Woensdag 19 April toevallig vir Dolf (Gustav Gerdener), die getroude professor met wie sy verlede jaar ’n affair gehad het, raakgeloop en die twee het weer die drade opgetel. Suiwer vriendskap, in Lorette se boekies. Maar hoekom is sy so geheimsinn­ig daaroor? Nie Blitz of haar gesinslede weet sy sien weer vir Dolf nie.

’N GEVAARLIKE SPELETJIE

Die proffie het Lorette se hart in 2016 gebreek en haar glad nie vertel hy is getroud nie. Nou is die man opnuut besig om haar met sy intelligen­sie en sjarme in te katrol, en op Donderdag 27 April ontmoet hulle mekaar weer by ’n universite­it s funksie.

“Lorette glo vas hulle kan net vriende wees en dink dis onskuldig,” sê Ilse-Lee. Maar dis nie wat haar jonger sussie, Chrissie (Melissa Willering), dink wanneer sy op Dinsdag 2 Mei uitvind van die geheime vriendskap nie.

“Chrissie is geskok dat Lorette dit selfs sou oorweeg om die skarminkel wat haar so seergemaak het en boonop oneerlik was, weer in haar lewe toe te laat. Chrissie waarsku Lorette teen Dolf, want sy is seker daarvan hy wil meer van haar hê as vriendskap,” vertel Ilse- Lee.

SKULDIGE GEWETE

Lorette hou voet by stuk – dis tog moontlik vir mans en vroue om platoniese vriendskap­pe te hê? Sy doen op Woensdag 3 Mei sommer informele navorsing oor die saak by haar vriendinne en broer Tommie (Arno Greeff), en kry gemengde reaksie en verskillen­de menings. Dit laat Lorette van voor af twyfel en die skuldgevoe­lens knaag aan haar.

Om dit te beteuel reël sy op Donderdag 4 Mei’ n bederf geleenthei­d vir Blitz. “Sy pak ’n mandjie met sy gunsteling­kos en hou ’n piekniek in sy woonstel en masseer sy skouers,” vertel Ilse-Lee. Blitz is beïndruk, maar ons kan nie help om die kommer in Lorette se oë te sien nie – sy weet Blitz gaan beslis nie bly wees wanneer hy uitvind Dolf is terug in die prentjie nie. Ons reken in die geval is die kool die sous nie werd nie. Mooi dink, suster.

 ??  ?? Chrissie waarsku haar suster teen Dolf (heel bo). Lorette en haar rugbyspele­r-kêrel Blitz se verhouding is op dun ys.
Chrissie waarsku haar suster teen Dolf (heel bo). Lorette en haar rugbyspele­r-kêrel Blitz se verhouding is op dun ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa