TV Plus (Afrikaans)

Tweedehand­se romanse

Raj en Kgothalo is weer verlief, maar is dit die regte ding om te doen?

- Isidingo

Die sakeman Rajesh (Jack Devnarain) gee sy hart vrye teuels noudat sy besigheids­kool-minnares Kgothalo (Katlego Danke) oënskynlik weer enkellopen­d is nadat haar man, Tyson (Shona Ferguson), in Februarie vanjaar weg is. En vanaf Dinsdag 2 Mei lyk dit of Kgothalo weer gereed is vir Rajesh.

LÊ AAN

“Kgothalo moes van Tyson wegkom, want hy het haar altyd onseker laat voel. Noudat hy weg is, bevind sy haar in ’n veilige ruimte met Rajesh, en hy hou ook daarvan,” sê Jack. Op Dinsdag 2 Mei ontmoet hulle weer en hul geselsery oor hul studenteja­re is soos om ’n vlam op brandstof te gooi. Maar terwyl hul romanse gereed is om weer te blom, voeg Jack by: “Hul herverbint­enis is onseker, want Tyson se teenwoordi­gheid hang steeds oor The Deep en dit frustreer Raj. Daar is seksuele spanning, maar nie een van hulle reageer daarop nie.”

VAT DIT STADIG

Dit beteken nie Kgothalo is gereed om met haar vryer in die bed te spring nie. Al is haar en Tyson se huwelik op ’n klipperige pad, is hulle nog man en vrou en hulle het ook kinders [wat ons nie op skerm sien nie]. Wanneer Kgothalo haar posisie op Woensdag 3 Mei aan Raj verduideli­k, sê Jack sy karakter is ontsteld, maar “Raj weet van Kgothalo se verbinteni­sfobie. Sy wil Raj iets spesiaals bied, maar sy stel dit duidelik sy is nie gereed vir ’n volle verhouding nie.” Dit beteken nie dis verby nie – Raj is ’n sakeman en taktikus en vir eers is hy bereid om net tyd saam met Kgothalo deur te bring. “Alles waaroor hulle gesels, het ’n verwysing na hul verlede. Hulle het vir mekaar liefdesnam­e gegee en het gedeelde belangstel­ling gehad. Wanneer Raj met Kgothalo praat, is dit asof hy tuiskom na ’n bekende gesig,” vertel Jack.

HUISREËLS

En dis wat op Donderdag 4 Mei gebeur – Kgothalo trek by Raj in wanneer The Duncan, waar sy bly, onder skoot kom. “Die hotel word as onveilig verklaar, en sy trek by Raj in totdat dinge oorgewaai het,” voeg Jack by. Die skielike leefreëlin­gs is nie ideaal nie, want: “Dit voel of Raj en Kgothalo nou gedwing word om in mekaar se geselskap te wees.” Pleks dat dit hulle bymekaarbr­ing, is hulle nou verder uitmekaar en moontlik op die punt om hul verhouding te vernietig, verduideli­k Jack. “Raj probeer positief bly oor die situasie met Kgothalo in sy leefruimte, maar dit voel of hy in ’n visbak rondswem.”

 ??  ?? Tyson het verkas. Raj soen Kgothalo noudat haar man vort is.
Tyson het verkas. Raj soen Kgothalo noudat haar man vort is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa