TV Plus (Afrikaans)

My ma of my broer!

Wyatt word gevra om tussen liefde en geregtighe­id te kies nadat hy gesien het hoe Quinn vir Liam soen.

-

Dis soos ’n toneel uit Wyatt (Darin Brooks) se ontstellen­dste nagmerrie wanneer hy op Vrydag 28 April na sy ma, Quinn (Rena Sofer), se hut gaan en haar in die bed aantref terwyl sy sy halfbroer Liam (Scott Clifton) soen. En op Maandag 1 Mei vind Wyatt uit Quinn het Liam se geheueverl­ies misbruik en hom laat glo hy is haar liefhebben­de man. Quinn is so desperaat om aan haar nuwe liefde te klou dat sy met Wyatt probeer onderhande­l: “Vergeet wat jy hier gesien het en stap weg en gaan terug na die lewe wat jy so graag wil hê,” pleit sy. Maar watter soort man sal toelaat dat sy ma sy eie broer soos haar gebreinspo­elde verkragte handpop behandel, sodat hy gelukkig kan lewe in sy broer se werk en met sy broer se eksverloof­de Steffy (Jacqueline MacInnes Wood)? Dit blyk nie Wyatt nie. Maar om die regte ding te doen kan hom sy nuwe bruid kos.

HERENIG

Kykers sal juig wanneer Wyatt die hut se deur afskop om Liam op Dinsdag 2 Mei te red. Die Spencer-broers verhang dan die bordjies en sluit Quinn in haar klerekas in die hut toe. Wyatt se volgende keuse is ’n aanduiding van hoe opreg hy is dat hy geen aandeel aan Quinn se plan wil hê nie, want hy jaag met Liam terug na die huis op die krans om hom met Steffy te verenig. “Ons almal was bekommerd oor jou en het gewonder waar jy was, veral Steffy. Ons moet liewer daar kom. Laat haar weet jy is tuis,” sê hy. En op Woensdag 3 Mei spring Steffy in Liam se arms.

DIE REGTE TYD IS BELANGRIK

Maar Liam sukkel nie net met sy geheue nie, hy het baie gemis terwyl hy Quinn se gevangene was. Die eerste haakplek in die reünie is wanneer Liam op Donderdag 4 Mei vir Wyatt bedank dat hy hom gered het, en byvoeg: “Ek wil net alleen wees met my verloofde.” Um, daarvan gepraat . . . Maar wanneer Wyatt vir Steffy sê hulle moet hom die slegte nuus van hul troue vertel, sê sy: “Hy’s nog kwesbaar. Ek wil hom nie nou alles op een slag vertel nie.” As jy dit nie nou doen nie, wanneer dan, Steffy?

 ??  ?? Quinn kom tussen haar minnaar met geheueverl­ies, Liam (links), en haar seun Wyatt, wat die held speel.
Quinn kom tussen haar minnaar met geheueverl­ies, Liam (links), en haar seun Wyatt, wat die held speel.
 ??  ?? Liam en Steffy word herenig.
Liam en Steffy word herenig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa