TV Plus (Afrikaans)

Skat, ek’s terug

Die wegholbrui­degom Damon Bradbury is terug vir liefde en wraak, maar veral liefde.

-

Damon Bradbury (Craig Urbani) het van sy spoggerige troue met Yvonne Thebe (Kgomotso Christophe­r) gevlug op Donderdag 9 Februarie met sy reputasie aan flarde en sy verlate bruid al huilende en tandknerse­nd van woede. En die polisie was kort op sy hakke weens vervalste dokumente wat hom by ’n skelm wapentrans­aksie betrek, wat die geslepe Siseko Langa (Hlomla Dandala), sy mededinger om Yvonne se hart, vir Romeo (Hungani Ndlovu) gekry het om te vervals. Al daardie sakekonnek­sies wat hy na die troue genooi het om te spog het ’n storm losgeskind­er, en met elke media-uitreiking in Suid-Afrika (insluitend tvplus) het hulle hul verlustig in die skokstorie en -foto’s. Maar wanneer Damon op Woensdag 26 April terugkeer, stel hy sy familie eerste. Craig onthul: “Die eerste ding waaraan hy dink, is om Yvonne en sy suster Layla (Natasha Sutherland) weer te sien.”

EK’S TUIS!

Damon wil voorkom dat die deur in sy gesig toegeslaan word op Donderdag 4 Mei. “Hy is bekommerd hy gaan ’n verlore Yvonne in ’n hoop op die vloer aantref. Hy koop die hotel-ontvangsaf­deling om, en wanneer sy inkom, lê hy op haar bed – ta-da!” sê Craig laggend. “Sy is eers geskok, dan opgewonde en dan raak sy kwaad,” voeg hy by. Omdat hy teen sy skuldgevoe­lens baklei, besef Damon nie hoe vreemd stil Yvonne se reaksie is nie. “As sy ’n skoon gewete sou hê, sou sy anders reageer. Maar omdat daar dinge is wat sy wil hê weggesteek moet bly, kan sy hom dalk minder erg laat boet as andersins,” verklap Craig. Nadat hy uit Yvonne se kloue ontsnap het, vertel Damon vir Layla hy is terug om uit te vind wie hom na die skuldige laat lyk het en hoekom, en op Maandag 8 Mei konfrontee­r Damon sy eerste verdagte. Maar hy is oorgehaal om dinge met Layla en sy neef Quinton (Brighton Ngoma) reg te stel – deur in NFH te belê. “Dis ’n uitstekend­e belegging om sy naam as ’n goeie sakeman in ere te herstel, maar dis ook ’n kans om sy goeie naam terug te kry by die mense wat saak maak,” sê Craig. As Damon maar weet sy vertroue in minstens een van die mense is hopeloos misplaas . . .

 ??  ?? Yvonne se uitdrukkin­glose gesig spreek boekdele. Damon is terug en in sy eksverloof­de se bed.
Yvonne se uitdrukkin­glose gesig spreek boekdele. Damon is terug en in sy eksverloof­de se bed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa