TV Plus (Afrikaans)

Kroonprins gebore

Susan is gereed om haar plig as vrou na te kom, maar dis nie ’n maklike taak nie.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Susan (Mahumela Mahawu) begin op Woensdag 26 April kraam en dis nie maklik vir haar nie weens al die komplikasi­es – haar dokters het haar in Augustus 2016 gewaarsku ’n baba kan haar dood beteken. Maar Susan is nie bang om haar plig as hoofman Azwindini (Gabriel Temudzani) se vrou na te kom nie deur vir die Thathe-hoof ’n erfgenaam vir sy troon te gee.

KRAAMPYNE

Mahumela sê wanneer haar karakter op Woensdag 26 April begin kraam, raak dinge riskant en die koningshui­s raak paniekerig. “Susan is so bang om die lewe te skenk, want sy is vreesbevan­ge vir die dood. Maar Susan hoop die towerhalss­noer wat Azwindini en die koninklike­s se sangoma, Mulimisi (Humbulani Tsharani), in Desember vir haar gegee het, sal haar lewe red.” Die halssnoer het Susan en haar baba beskerm toe sy ernstig siek was, maar kan dit dieselfde doen wanneer haar baba gebore word? “Susan is bekommerd, maar sy dra die halssnoer vanaf die dag dat sy dit gekry het en hoop dit werk in haar guns. Dit het towerkrag en dien as ’n belofte dat Azwindini ’n deel van sy siel aan Susan gegee het sodat sy langer kan leef.”

HALLO, BABA

Azwindini weier om selfs te dink iets slegs kan met sy vrou gebeur, en Mahumela dink hy is in ontkenning. “Azwindini het baie vertroue in die halssnoer en is seker alles gaan goed afloop,” sê sy. Al sien kykers nie die geboorte nie, is hulle bewus van Susan se vrese, wat op Donderdag 27 April ongegrond blyk te wees. “Dis ’n seun en Susan is gelukkig, soos almal in die koningshui­s. Susan het dit oorleef en daar is ’n wettige erfgenaam vir die koninklike troon,” voeg Mahumela by.

SLAPELOSE NAGTE

Susan en haar seun kom op Vrydag 28 April tuis, maar hul verwelkomi­ng kom nie uit almal se hart nie. Mahumela onthul: “Al wat ek sê, is hul lewe gaan ingewikkel­d raak. Dis ’n nuwe aanpassing vir die familie en daar sal situasies wees wat die ander vroue betrek.” Dit sal geen verrassing wees dat Azwindini tyd by sy nuwe seun sal wil deurbring nie. Dit kan beteken hy is minder by sy ander vroue en hul kinders, daarom sal die vroue dink Susan en haar pasgeboren­e kry al die aandag. Een ding wat Mahumela vir ons kan sê is: “Dit gaan goed met Susan en dis wat saak maak. Sy gaan nêrens heen nie.”

 ??  ?? Susan skenk die lewe aan Azwindini se koninklike erfgenaam.
Susan skenk die lewe aan Azwindini se koninklike erfgenaam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa