TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Die Forresters is woedend en vol vrae ná Brooke en Ridge se troue afgestel word. Quinn se skuldige gewete werk oortyd wanneer Eric die clan bymekaarkr­y om hulle in te lig wat skeefgeloo­p het, en Katie geniet haar nuwe mag en treiter en dreig Quinn om Eric te vertel sy’t hom met sy seun Ridge verkul. Ridge smeek Brooke om hom vir sy yslike oordeelsfo­ut te vergewe, en Darlita kry die verrassing van haar lewe wanneer sy na die beeldmater­iaal van Coco se spioenasie­kamera kyk.

DAYS

Salem se inwoners verenig teen Deimos en lees hom die leviete voor, en Sonny en Chad stem saam Deimos moet gaan. Paul vra Sonny om sy missie te laat vaar om Deimos te vernietig, en later geniet Sonny en Paul ’n aandjie uit. Marlena en Kate deel skemerkelk­ies en herinnerin­gs, en Abby kla by JJ oor Chad wat by Gabi rondhang. Nie almal is in ’n feestelike stemming wanneer Chad en Abby hul huweliksbe­loftes hernu nie, en Rafe word gedwing om teen sy pa, Eduardo, op te tree. Rafe en Hope beplan om Deimos aan te vat, en Nicole vaar uit teen die slymbol Scooter omdat hy weer na haar dae in volwassefl­ieks verwys.

Y&R

Cane is onkant gevang wanneer Juliet saam met Lily by die Dare-veldtog betrek word, en hy het ’n terugflits na sy aand in Tokio saam met Juliet en wonder wat Juliet se agenda is om ’n werk by Brash & Sassy te probeer kry. Gloria wil Chloe uit Kevin se lewe kry, maar Michael tik haar oor die vingers wanneer hy besef waarmee sy besig is. Billy soen Victoria en hoop sy kan hom vergewe, en Ashley wonder oor hul ouderdomsv­erskil wanneer haar verhouding met Ravi ernstiger word. Phyllis gee Ravi goeie raad oor Ashley, en Scott begin Victor se verlede ondersoek.

 ??  ?? Quinn en Ridge gaan hul affair berou.
Quinn en Ridge gaan hul affair berou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa