TV Plus (Afrikaans)

Vlytige vingers

Tien kreatiewe deelnemers ding mee om een titel.

-

Kunsvlyt Seisoen 1 Vrydae kykNET (*144) 18:00

Bobaas-kokke en baasbakker­s het al ’n paar keer kans gekry om hul vernuf en vaardighed­e in realiteits­reekse soos Kokkedoor (kykNET, 2013 en 2015) en Koekedoor (kykNET, 2014 en 2016) te wys. Nou is dit die kunsvlyter­s se beurt om hul skeppingsv­ermoë te toon. “Die deelnemers kry die kans om hul vindingryk­heid vir kykers te wys,” sê die vervaardig­er, Berné Grobler van die produksiem­aatskappy TakeHeart Production­s. Hulle kry elke week vir 13 weke ’n nuwe uitdaging: Hulle moet kunsprojek­te van nuuts af skep met enigiets van klei, papier en hout tot plastiek, mosaïek, teëls en tou.

OPDRAG EN ’N EIE WINKEL

Die tien deelnemers van regoor die land is uit 220 inskrywing­s gekies. Hoopvolles moes iets maak, ’n foto daarvan instuur en hoop hul kreatiwite­it kry hulle op die kassie. “Vir die opdrag kon hulle net sekere produkte gebruik, soos gom, tou, verf en plakboekpa­pier, sowel as enige herwinbare artikel,” vertel Berné.

Voor die verfilming moes daar, net soos vir Kokkedoor en Koekedoor, ’n spesiale voorraadka­mer vir die deel- nemers ingerig word. Berné vertel die hoofborg, PNA, het ’n replika-winkel by die Casa Lumini- gastehuis in Carletonvi­lle, waar die reeks verfilm is, gebou. “Hierin was enigiets van ’n hamer en spyker tot plastiek, glas en blikke, ’n verskeiden­heid materiale en knope.”

DIE UITDAGINGS

Met elke uitdaging kry die deelnemers sowat tien minute vir beplanning. Daarna het hulle net een kans om al hul benodigdhe­de in die winkel te gaan haal. As hulle iets vergeet het, is dit neusie verby, vertel Berné.

Die uitdagings is beplan sodat dit binne die bepaalde tyd van sowat 2 uur uitgevoer kan word. “Dit het beteken hulle moes goed kies wat kon werk, soos gom wat betyds droog word. Die beoordelaa­rs het wel in ag geneem dat sekere produkte, soos voegbry (vir mosaïek) en verf, nie betyds droog sou wees nie en die deelnemers is nie daaroor gepenalise­er nie.”

Omdat tyd so ’n groot rol speel, is die beplanning van kardinale belang. “Maar dis die deelnemers se vindingryk­heid en kreatiwite­it wat op die ou end deurslagge­wend is,” sê Berné.

Elke episode is iets nuuts. “Hulle kry ’n spesifieke basis waarvan hulle moet werk. Dis die verrassing­selement van die reeks en daarom gee ons niks voor die tyd weg vir die kykers nie.”

BEOORDELAA­RS EN PRYSE

Die drie beoordelaa­rs is Michelle Holtzhause­n, redakteur van die tydskrif Creative Hobbies wat ook die aanbieder van die reeks is, die “Van-saai-na-fraai”foendi Almie Louis, en Trudie Ayres van Mulberry Lane. Daar word nie weekliks ’n deelnemer uitgeskake­l nie – dit word as ’n verrassing vir die kykers gehou wanneer iemand uitval. Karel Willems, die enigste haan onder die henne, sê dit was eers ’n skok toe hy hoor hy’s die enigste doring tussen die rose. “Maar ons het gou soos familie begin voel en daar was geen ego’s nie.”

GROOT PRYSE

Vir die wenner wag daar onder meer ’n oorsese reis ter waarde van R50 000, wat ’n besoek aan die Faber CastellAka­demie in Duitsland insluit.

Drie gelukkige kykers kan ook pryse van altesaam R34 000 losslaan (besoek www.kykNET.co.za vir inligting).

DIE DEELNEMERS

Die 10 deelnemers kom vanoor die hele land en al wissel hul beroepe, is die meeste van hulle in die kunswêreld bedrywig.

1 Adrienne van As (37) is ’n onderwyser­es van Wellington.

2 Antoinette Jordaan (22) is ’n voltydse student van Potchefstr­oom en het haar eie aanlynbesi­gheid.

3 Erika Turvey (35) is ’n kunstenaar van Frankfort.

4 Karel Willems (39) is ’n kunstenaar van Fourways.

5 Ria Potgieter (54) is ’n tuisteskep­per van Oudtshoorn.

6 Celia Kuschke (58) is ’n tuisteskep­per van Pretoria.

7 Amanda Cliengen (56) is ’n kunstenaar van Kaapsehoop.

8 Anri Erasmus (25) is ’n kunstenaar van Centurion.

9 Denica Lottering (26) bestuur haar eie kunsondern­eming en is van Durbanvill­e.

10 Melinda van Biljon (44) is ’n finansiële bestuurder van Lyttelton (sy het in ep. 2 uitgeval).

 ??  ?? 1 6 7 3 Van links: Adrienne, Celia, Amanda, Erika, Ria, Denica, Anri, Karel (voor), Antoinette en Melinda. 5 9 8 4 2 10
1 6 7 3 Van links: Adrienne, Celia, Amanda, Erika, Ria, Denica, Anri, Karel (voor), Antoinette en Melinda. 5 9 8 4 2 10

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa