TV Plus (Afrikaans)

Pragtige musiek

Mozart dartel tussen Venesië en NYC, sale en tronkterre­ine rond.

-

Mozart In The Jungle Seisoen 3 Vrydae M-Net (*101) 22:30 (vanaf 28 April)

Mozart In The Jungle (2014-nou) se klassieke musici staak, maar hulle sit nie by die huis nie. Die orkes is aan die beweeg wanneer seisoen 3 begin, en hulle sal eers bymekaarko­m in episode 7 (9 Junie) met sy dokumentêr­e tema, wat afspeel in die berugte New York-tronk Rikers- eiland, waar die spelers regtig vir die gevangenes op die terrein opgetree het. Intussen sal ons saam met die hoofmusici op ’n ander reis wees terwyl die dirigent Rodrigo (Gael García Bernal) in Italië op soek is na die diva La Fiamma (Monica Bellucci).

IN VENESIË

In episode 1 sing La Fiamma ’n duet uit Don Giovanni teenoor die tenoor (die werklike) Placi

do Domingo terwyl hulle na mekaar dryf, elk op sy eie swewende verhoog naby die Accademia-brug. Dis nie Placido se eerste TVoptrede nie. “Ek het meer beroemd geword toe ek ’n duet saam met Miss Piggy (in die Muppet Show van 1982 se Night Of 100 Stars) gesing het,” skerts Placido. Maar fans van klassieke musiek sal steeds die oordadige opset en dekor geniet.

KANS OM TE DIRIGEER

En terwyl Rodrigo vir die grotes dirigeer, gaan Hailey (Lola Kirke) ook in Venesië wees – waar sy hobo speel in die onbeskofte tjellospel­er Andrew Walsh (Dermot Mulroney) se ensemble wat vinnig moeg raak vir hom. Maar wanneer Rodrigo haar na sy groep bring, sal sy kans kry om te dirigeer. Dis ’n kans vir Lola asook Hailey. “Ek het gehoor vroulike dirigente sê die fisieke aspek is moeilik. Dis ’n manlike ding, baie rigied. Ek dink vroue is minder rigied,” sê Lola. En terwyl die kat weg is in Venesië, sal die muise in New York speel – die simfonieba­as Gloria en eksdirigen­t Thomas (Bernadette Peters en Malcolm McDowell) raak warm!

 ??  ?? Rodrigo (regs) hang in Venesië rond saam met sy denkbeeldi­ge jong Mozart (Lorenzo Zigone).
Rodrigo (regs) hang in Venesië rond saam met sy denkbeeldi­ge jong Mozart (Lorenzo Zigone).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa