TV Plus (Afrikaans)

Spinnekop-koningin

Krap ’n vrou en jy kry gruis onder die glans . . .

-

Harvest Seisoen 1 Maandae e.tv (*194) 21:30 (vanaf 1 Mei)

Harvest (2017-nou) belowe lekker drama wanneer drie uiteenlope­nde vroue, die genadelose Celia (Masasa Mbangeni, Thandeka in Scandal!, 2005-2016 – sien bl. 20), haar beste vriendin Clementine ( Vatiswa Ndara) en die trofeevrou Tshepiso (Khanya Mkangisa, Aphiwe in Isidingo – sien bl. 17) – hul vermoorde mans se plek inneem in hul dwelmbesig­heid. Nou neem Masasa ons in die onderwêrel­d en kop van die HBIB (hoof- . . . um . . . besigheids­vrou in beheer), Celia.

DIE SWART WEDUWEE

Masasa onthul Celia se klerekas en spel is gegrond op die idee van die swart weduweespi­nnekop wat haar maat opvreet nadat hulle gepaar het. “Ek het die bewegings van ’n spinnekop probeer naboots,” sê Masasa. “’n Spinnekop spring nie sommer nie. Sy is heeltyd waaksaam en elke bewe-

ging is doelbewus. Sy beweeg net as sy ’n bepaalde plek het waarheen sy gaan. Alles word bereken. Die idee word deurgevoer in Celia se dramatiese kleredrag. Sy’s ’n donker karakter, maar stylvol met gesofistik­eerde stukke,” sê Masasa. “Ná haar man se dood probeer sy met die sterk kleure speel om ’n sterk karakter te toon.”

“SUSTERS”

Clementine verstaan Celia. “Hulle is soos susters, en het ’n band,” sê Masasa. “Hulle weet wat die ander een moes doen om die besigheid te kry, wie hulle moes verraai, wie moes sterf, wie moes tronk toe gaan. Hulle het saam ryk geword.” Maar die sterkte van hul band word getoets ná hul mans se moord in episode 1.

DIE DERDE WIEL

Tshepiso is nie deel van die susterlike band nie. “Celia dink Tshepiso is ’n leëkoppie wat vir geld getrou het. As daar nie die geld was nie en hulle was nie in die wêreld van dagga verkoop nie, sou daar geen interaksie met haar wees nie, want hulle verskil baie,” sê Masasa. “Maar weens die [moord-] drama moes sy Tshepiso inlaat.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die swart weduwee Celia en haar vriendinne neem beheer van ’n gevaarlike besigheid.
Die swart weduwee Celia en haar vriendinne neem beheer van ’n gevaarlike besigheid.
 ??  ?? Masasa as Thembeka in Scandal!
Masasa as Thembeka in Scandal!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa