TV Plus (Afrikaans)

Sterk vroue

Natania van Heerden lewer ’n kragtoer in twee uitdagende rolle.

-

Swartwater Seisoen 2 SABC2 (*192) Dinsdae 19:00 Sara Se Geheim Seisoen 1 kykNET (*144) Dinsdae 20:00

Dinsdagaan­de sit kykers vasgenael voor die kassie vir seisoen 2 van die SABC2-dramareeks Swartwater, en wonder of die sielkundig­e Melinda Steyn (Natania van Heerden) haar gefolterde swanger pasiënt Annalien (Dorette Potgieter) van haar angs en psigiese pyn gaan genees. Boonop het Annalien Melinda se man, Philip (Dirk Stoltz), van haar afgevry. En net ’n uur later boei die aangrypend­e dramareeks Sara Se Geheim kykers op kykNET – daarin vertolk Natania die rol van Nicola Vermeulen, ’n voorstedel­ike vrou wie se huwelik met Johan (Dawid Minnaar) verbrokkel omdat hy al jare lank ’n groot geheim vir haar en sy geliefdes wegsteek.

Die 50-jarige Natania – wat ons destyds leer ken het as Mariana Landman in Kruispad (kykNET, 2008), en as Samantha, prof. Fritz Retief se dierbare vrou in die sepie Villa Rosa (2004-2016) – weeg die twee uitdagende karakters van Melinda en Nicola teen mekaar op.

EENDERS MAAR TOG ANDERS

“Melinda en Nicola het twee dinge gemeen – albei is sterk en gedrewe maar eensame vroue,” vertel Natania tydens ’n breek op die stel van Swartwater. Melinda het baie verwyte – sy wroeg omdat sy jare gelede haar kind, Werner ( Viljé Maritz), alleen gelos het by sy pa, die gewetenlos­e boelie Philip Steyn, en gevlug het.

“Maar as sy dit nie gedoen het nie, sou Philip haar en Werner heel moontlik geskiet het. Sy wil baie graag met Werner versoen raak en vir al die verlore jare vergoed,” vertel Natania.

“Melinda is nie ’n vrou wat wrokke koester nie, ook nie teenoor Annalien nie, die vrou wat haar man afgerokkel het. As Annalien se sielkundig­e het sy baie empatie met haar, maar ongelukkig dink sy meestal Annalien hallusinee­r. Sy besef nie deur watter hel haar pasiënt regtig gaan nie,” sê Natania.

Haar karakter Nicola dra weer ’n masker – sy wil aan die wêreld voorgee sy en Johan is die perfekte paartjie. “Nicola is nie ’n ‘drama-queen’ nie. Ek moes diep gaan delf om die leemte in haar lewe te vertolk sonder om dit te oordramati­seer,” vertel Natania.

WYSHEID MET DIE OUDERDOM

Dis ’n bonus om twee sulke uitsoekrol­le op 50 te kry. Die ouderdom het vir haar rustigheid gebring, erken Natania. “Dis een ding van ouer word, jy word wyser en stres nie meer so erg of jy ’n rol sal kan baasraak nie. Jy vertrou jouself dat jy dit wel kan doen.”

Die draaiboek bly die deurslagge­wende faktor wanneer sy ’n rol kies. “Indien dit my boei en die taal die Afrikaans is wat ons in ons daaglikse lewe praat, tel dit klaar baie punte.” En as die karakter boonop substansie het wat haar kwesbaarhe­id kan wys en met wie kykers kan identifise­er, is die rol vir haar nog meer aanloklik.

SAKEVROU EN TROUREËLIN­GS

Natania is die mede- eienaar van ’n koffiebrou­ery sowel as mede-eienaar en bestuurder van die koffiewink­el Roastmaste­rs Coffee Bar in Menlopark, Pretoria, maar toneelspee­l bly haar groot liefde. Sy sal enige tyd haar werkure van 06:30 tot 18:00 vir die regte rol verruil, en gelukkig het sy bekwame mense wat kan instaan wanneer die vermaakbed­ryf wink.

“Ons het juis die afgelope ses maande die 26 episodes van Swartwater 2 verfilm, en ek het my sake so gereël dat iemand die leisels by my kon oorneem.”

Terwyl daar fluks aan die laaste tonele van Swartwater geskiet word, is Natania tussendeur besig met troureëlin­gs – sy haak op Saterdag 13 Mei af met Martin Barnard, ’n IT-spesialis en haar kêrel van die afgelope vyf jaar.

“Ek is in 2011 ná ’n huwelik van 21 jaar geskei. ’n Vriendin het my kort daarna aan Martin voorgestel. Ons eerste date was nogal ’n teaterafsp­raak,” onthou sy. “Alles het net van die begin af gewerk, en sy kinders en my kinders – Stéfan (26) en Grethe (22) – kom baie goed oor die weg,” vertel Natania.

Martin het nie eens geweet sy is ’n aktrise toe hulle ontmoet nie. “Hy het nog nooit voorheen Afrikaanse reekse gekyk nie,” lag Natania, “maar hy’t nou begin . . . Onlangs het hy die hele Kruispad-reeks deurgewerk.”

Nou moet hy vinnig inhaal met Swartwater en Sara Se Geheim!

 ??  ?? Natania van Heerden is terug op die kassie in twee uitsoekrol­le.
Natania van Heerden is terug op die kassie in twee uitsoekrol­le.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa