TV Plus (Afrikaans)

Komieklike filosoof

Cintaine gaan kykers laat skaterlag in haar eerste groot TV-rol.

-

Phil 101 Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 20:30

Die rasionale dosent Jeanne le Roux weet presies hoe om haar manlike kollegas in die filosofied­epartement aan die fiktiewe Sentrale Universite­it van Suid-Afrika (SUSA) om haar pinkie te draai, sê Cintaine Schutte, wat haar eerste groot TV-rol in die aweregse komedieree­ks Phil 101 op kykNET vertolk. “Jeanne is my soort mens: sy is prakties en draai nie doekies om nie. Haar karakter is goed en interessan­t geskryf en haar maskers val mettertyd bietjie vir bietjie af,” verklap Cintaine.

Die 29-jarige donkerkop was al in kleiner TV-rolle te sien – sy was onder meer in albei seisoene van Die Boland Moorde (2013-nou): as Maryke (seisoen 1, ep. 1), en as Ria (seisoen 2, ep. 4).

VAN KOMEDIE TOT DRAMA

Cintaine sê sy geniet komedie net soveel as ’n ernstige dramarol. “Ek wil my nie tot een genre beperk nie. Dit bly ’n uitdaging vir enige akteur om jouself in verskillen­de genres te bekwaam – dit help jou om as akteur te groei. As jy te gemaklik in ’n sekere soort rol raak, word dit gevaarlik.”

Die meeste van haar tonele in Phil 101 was teenoor Bennie Fourie, wat Phillip Coetzee speel, die jong professor wat die departemen­tsshoof word. En Phillip het sy oogg op Jeanne . . .

“Bennie het baie TVondervin­ding en het my vuurdoop voor die kameras makliker gemaak. As ek soms onseker oor my spel of ’n toneel el was, het Bennie my gerusgeste­l of leiding gegee.”

Van die akteurs soos Pierre van Pletzen (Manie in Phil 101 en Oubaas in 7de Laan, 2000-nou) en die produksies­pan het gereeld poetse op mekaar gebak, en dit het ’n ontspanne atmosfeer op die stel geskep, vertel Cintaine.

“Pierre moes in een toneel geld uit ’n blik haal om Bennie se karakter (Phil) te betaal, en toe het die kunsdepart­ement vooraf ’n piesangski­l pleks van geld daarin gesit. Pierre het saamgespee­l en die piesangski­l vir Bennie gegee, wat toe verdwaas s met die skil in sy hand bly staan het!”

TOEKOMSDRO­ME

As kind het Cintaine gedroom sy sou eendag ’ ’n marienebio­loog of dalk ’n veearts word. “My passie vir toneelspee­l het eers in 2002 vlamgevat toe ek op hoërskool by die aktrise Shareen Swart [Meisie Moolman van die TV-reeks Ballade Vir ’n Enkeling, 1987-1993] dramaklass­e begin neem het,” vertel die gebore Pretoriane­r wat nou in Kaapstad bly.

Shareen het dadelik besef Cintaine het ’n belowende toekoms in die toneelwêre­ld. Sy het met Cintaine se ouers, Bernhard en Hesté Schutte, gesels en hulle aangemoedi­g om hul dogter drama te laat studeer. Ná matriek het Cintaine drie jaar drama aan die Universite­it Stellenbos­ch studeer en daarna haar honneursgr­aad aan die Universite­it van Kaapstad behaal.

In die toekoms wil sy soveel moontlik ondervindi­ng in film- en TV-werk en op die verhoog opdoen. “Ek sal later ook graag regie wil doen. Daar’s soveel talent in ons land en soveel regisseurs by wie ek in die toekomstoe­ko wil leer. Daar is vir almal ’n plekkiep in die son – ek glo as ons almal hande vat, kan o ons plaaslike bedryf van k krag tot krag gaan.”

Soos met Phil 101 wat reedsree ’n gunsteling­reeks onderond kykers – en lesers – is!

 ??  ?? Cintaine Schutte speel die dosent Jeanne le Roux in Phil 101.
Cintaine Schutte speel die dosent Jeanne le Roux in Phil 101.
 ??  ?? Cintaine en haar kêrel, die akteur Carel Nel.
Cintaine en haar kêrel, die akteur Carel Nel.
 ??  ?? Bennie Fourie.
Bennie Fourie.
 ??  ?? Shareen Swart.
Shareen Swart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa