Grote gegroet AANSKOULIKE AKSIE
Ná 28 jaar het die WWE-ikoon The Undertaker ons verlaat.
WWE SmackDown Saterdae e.tv (*194) 17:00
Geliefdes, ons is vandag hier bymekaar om hulde te bring aan The Undertaker, ’n reus onder die manne (letterlik – die 52-jarige staan 2,08 m in sy sokkies en weeg 140 kg). The Demon From Death Valley, wat in 1990 sy debuut gemaak het, het die kryt verlaat en het op 2 April sy laaste geveg teen Roman Reigns by WrestleMania 33 verloor. Laat ons dus eer betoon aan die mees ikoniese WWESuperster in die geskiedenis.
DIE DONKERDER DAE
Gebore as Mark Calaway het The Undertaker by die betaalkykskouspel Survivor Series (November 1990) die legendariese stoeier Dusty Rhodes verwoes in ’n tagspan-geveg saam met Ted (The Million Dollar Man) DiBiase. Sy mondering was ’n lykbesorger uit die Wilde Weste, met grys handskoene, stewels en ’n gestreepte das. Sy karakter-kostuumveranderings oor die jare sluit in:
• Deadman-debuut (1994-1998): pers pleks van grys, met donkerder hare.
• Ministry Of Darkness (1998-1999): moulose los jas en ’n ander baard. • American Bad-ass (2000-2004): stoutseun-motorfietsryer met jeans en ’n bandana – en baie korter hare. • Deadman Rises (2004-2017): terug na die begrafnisondernemer se jas en breërandhoed, maar als in swart. ’n Donker en sadistiese karakter soos The Undertaker het die WWEgrootbaas Vince McMahon baie moontlikhede vir nuwe gevegte gebied. Buiten die Casket [kis] Match (soos(s teen Yokozuna by die 1994 RoyalR Rumble), het Taker WWEkykersk na hul asem laat snak met die aanskoulike Buried Alive (1996) en HellH In A Cell (1998), albei teen Mankind.Mankin
LAASTE RITUELE
“Ná 27 jaar kan my lyf nie meer nie,” het Taker in Januarie onthul. Hy het in 1994 ’n ernstige rugbesering opgedoen, in 1995 is sy wangbeen gekraak en daar was “te veel harsingskuddings om op te noem”. Hy het in die mid2010’s ’n dubbele knievervanging ondergaan, en volgens berigte lê ’n heupvervanging ná WrestleMania voor.
RUS IN VREDE
Taker se fans is nie die enigstes wat hartseer is oor sy uittrede nie – Roman Reigns was in trane ná hul geveg. “Ek’s al van my kinderdae ’n fan van hom. Dis my grootste geveg, en ek kan hom [Taker en Mark] nie genoeg bedank dat