TV Plus (Afrikaans)

Weg! Agterpaaie Karoo

Seisoen 2 VIA (*147) 20:00 Leefstyl

-

Toast Coetzer, mede-aanbieder van Weg! Agterpaaie Karoo, het in die Karoo (Cradock) grootgewor­d en het as kind ’n besonderse band met sy grootwordw­êreld gesmee. “Elke dorpie in die Karoo is anders, op subtiele maniere wat ’n mens dikwels eers besef wanneer jy daar wegry,” sê Toast. Hy vertel meer van sy wedervarin­ge tydens sy reis saam met sy kollega Erns Grundling.

Watter Karoo-mense op jul reis was vir jou die fassineren­dste?

Fox Ledeboer, ’n man wat stoksielal­leen by die Gamkapoort­dam woon (episode 2). Fox is ’n roeier, maar die dam is dolleeg. Die pad loop by Gamkapoort­dam dood en byna niemand kom ooit hiernatoe nie, veral nie wanneer die dam leeg is nie. Daar gaan soms weke verby sonder dat Fox ’n mens sien. Hy sit gereeld op sy stoep en kyk vir sy skilpaaie. Wanneer die skilpaaie na hoërliggen­de grond beweeg, weet Fox: die groot reëns is op pad.

Watter Karoo-dorpie was vir jou die grootste verrassing?

Williston (episode 11), want dié dorpie het ’n deli en ’n mall. Maar nie die soort mall waaraan jy dink nie – gaan kyk self!

Hoekom is Erns die ideale reisgenoot?

Ons ken mekaar al sedert ons studenteda­e en hoef nie regtig met mekaar te praat om te weet wat die ander een dink of voel nie. Ek dink ons vul mekaar goed aan voor die kameras. Erns is gewoonlik die bok vir sports terwyl ek op die agtergrond staan en vir sy manewales lag.

Wanneer het jy die meeste vir Erns gelag?

Erns was vrekbang toe oom Leon Swanepoel, windpompdo­kter van Carnarvon (episode 10), die windpompra­am onder hom begin skud het terwyl Erns halfpad na bo geklim het.

 ??  ?? Erns Grundling (links) en Toast Coetzer.
Erns Grundling (links) en Toast Coetzer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa