TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30 Sepie

-

Die aantreklik­e Ashley Dowds (50) het al in talle Engelse reekse soos Scandal! (e.tv, 2005 in die rol van Andrew McBain) en Sokhulu & Partners (SABC1, 2008, in die rol van Deon Pienaar) gespeel. Hy was ook ’n kontinuïte­itsaanbied­er (1999-2003) by SABC3 en mede-aanbieder van die kanaal se leefstylre­eks Going Nowhere Slowly (20052009). Sy rol as die alleenlope­rpa Alex in Binnelande­rs is sy vuurdoop in ’n Afrikaanse sepie.

Was dit moeilik om in ’n Afrikaanse sepie te speel?

Dit hou my omtrent op my tone. My Afrikaans is nie waffers nie, maar gelukkig is Alex tweetalig en praat af en toe Engels. As ek die slag Afrikaans praat, moet ek mooi op my uitspraak let, want dit kan maklik soos Sweeds of Deens klink.

Dit lyk of Pippa (Nadia Valvekens) en Alex danig is met mekaar. Hoekom is Alex huiwerig om sy verlede met Pippa te deel?

Dis ’n ingewikkel­de situasie. Hoeveel vertel ’n mens iemand as julle pas ontmoet het? Veral as julle nie meer tieners is nie – daar’s mos baie bagasie.

Wat is Alex se indruk van Conrad (Hykie Berg) wanneer hulle die eerste keer ontmoet?

Iets pla Alex, maar hy kan nie sy vinger daarop lê nie. Namate die storielyn ontwikkel, besef hy Pippa en Conrad het ’n geskiedeni­s. Kykers sal maar moet sien of Alex Pippa se hart gaan wen.

Is Alex ’n ou wat na sy hart of na sy kop luister?

Ek dink hy luister na albei wanneer hy keuses maak. Omdat Alex sekere inligting oor sy verlede van Pippa weerhou, wys dit hy tree nie emosioneel op nie en deurdink sake mooi. Sy eks Nicci [Samantha Peo] bly ’n groot faktor in sy lewe, sowel as sy klein oogappel, Eva. • Lees meer op ble. 14-15.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa