TV Plus (Afrikaans)

Chicago Fire

Seisoen 4 M-Net (*101) 19:30 Aksie

-

Die brandweerr­eeks Chicago Fire (2012nou) het gou gewild geword en daar is al drie splinterre­ekse wat goed vaar – SA kykers weet van Chicago PD (2014nou) en Chicago Med (2015-nou). En volgende maand gaan M-Net die vierde reeks in die franchise verwelkom: Chicago Justice (2017-nou). En al is Chicago nie juis die beroemdste VSA-stad nie, sorg TV vir wonderlike kykgenot.

“Daar is ’n verbasende groei in franchise-reekse,” sê die Chicago-franchiseb­aas Dick Wolf. “Ons reekse bring die kykergetal­le in en ons is baie trots op wat ons bereik het. Kykers vorm ’n band met ons karakters en die situasies waarin hulle hul bevind.” En waar die vier reekse gaan oor die lewens van staatsampt­enare soos brandbestr­yders, dokters, paramedici en staatsadvo­kaat-prokureurs, het hulle almal iets gemeen: ’n kroeg, Molly’s. Die uitvoerend­e vervaardig­er Danielle Gelber voeg by: “Ons het probeer om die karakters se emosionele lewe en hul verhouding­s in hul daaglikse werk te verweef. Hul werk kom eerste, maar hul lewe daarbuite het ’n uitwerking en dis wat die gehoor week ná week terugbring.”

Daar’s ’n driepuntpl­an wat gevolg word wanneer die uitvoerend­e vervaardig­ers nuwe reekse beplan:

1 Niks is verbode nie Mense in verhouding­s wat opmaak, uitmaak, jaloesie en afpersing, niks is te dramaties in die karakters se persoonlik­e lewe nie.

2 Luister na die fans Die produksies­pan het ’n toegewyde lid wat sosiale media dophou om uit te vind waarvan kykers hou en nie hou nie.

3 Beplan vooruit Nie net seisoene nie, maar ook splinterre­ekse. Dick Wolf onthul daar’s “al konkrete planne gereed vir ’n vyfde splinterre­eks as Chicago Justice ook suksesvol is”. •

 ??  ?? Die Chicago Fire-spelers het die suksesvoll­e franchise begin.
Die Chicago Fire-spelers het die suksesvoll­e franchise begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa