TV Plus (Afrikaans)

Thula’s Vine

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Drama

-

Emmanuel Castis beleef ’n bedrywige jaar met drie TV-rolle wat hom besig hou. Die 41-jarige akteur speel die rokjagter Jaco in die dramareeks Thula’s Vine (2017-nou) op SABC3, asook die oudsokkers­peler Chris in die nuwe e.tvreeks Broken Vows (2017-nou, lees meer op bl. 24). En hy hervat later vanjaar sy rol as die sakeman Chris Spencer in die SABC2-dramareeks Erfsondes (2007nou). “Dit gaan woes! Dit neem tyd om in karakter te kom en ek hou daarvan om behoorlik vir ’n rol voor te berei. Maar ek verruil dit vir niks nie,” sê Emmanuel.

Hoe verskil Jaco van die karakters wat jy gewoonlik vertolk?

Hy’s ’n anderste ou . . . [Lag.] Jaco is ’n oorambisie­use sjef wat graag bekend wil wees in sy gemeenskap. Hy dink hy verdien alles wat hy wil hê omdat hy sy vrou, Patricia (Sivan Raphaely), gehelp het om ’n suksesvoll­e restaurant op hul plaas te bedryf.

Thula’s Vine en die plek waar dit afspeel is anders as wat jy ken . . .

Ek hou daarvan om stories te vertel en my karakter goed te leer ken, wie en wat hy is. Om hier te werk [die Kaapse wynplaas waar die 13 episodes verfilm is] is nuut en vars. Ek het baie by verskillen­de mense geleer en goeie nuwe vriende gemaak.

Waar kry jy tyd vir alles? Ek het ’n ondersteun­ende familie en meisie, Sharlene, wat verstaan hoe dol my werk kan raak. Maar ek probeer ’n balans handhaaf, met genoeg aandag aan my geliefdes en die dinge wat ek geniet.

Kry jy dit reg? Ja, nogal. As ek nie toneelspee­l nie, is ek en my band, Dallians, besig met repetisies – ons neem liedjies op – of ek ontvlug uit die stad en gaan vlieghenge­l of ontspan iewers in ’n bos. Dis waar ek my kop skoonkry.

 ??  ?? Jaco se vrou, Patricia (Sivan Raphaely).
Jaco se vrou, Patricia (Sivan Raphaely).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa