TV Plus (Afrikaans)

Bold & Beautiful

Weekdae SABC3 18:30 Sepie

-

Dr. Wolin (Mark D. Espinoza), die uroloog wat Ridge (Thorsten Kaye) in Oktober 2015 vertel het sy vasektomie kan nie omgekeer word nie, het sy werk verloor en sal nie omgee om ’n vinnige geldjie te maak nie. Die “gawe geneesheer” het Ridge op Dinsdag 18 April gelukgewen­s met baba Douglas (Abigail en Brielle Rivera) se geboorte, en op Maandag 8 Mei laat hy nie die kans verbygaan om Caroline (Linsey Godfrey) by die restaurant ook te gaan gelukwens nie. Katie Logan (Heather Tom), wat saameet, kry gou snuf in die neus wanneer Ridge dr. Wolin diskreet waarsku om van Caroline weg te bly. Sodra Ridge sy rug draai, plak Katie haar langs die dokter neer en hoor die sappige nuus wanneer hy reguit sê Ridge is nie Douglas se pa nie. Maar moenie te gou ’n afpersdram­a verwag nie . . .

Dr. Wolin eis op Dinsdag 8 Mei $100 000 (meer as R1,5 miljoen) van Ridge vir sy stilswye, maar dan laat die Bold-skrywers ’n vragmotor op die twyfelagti­g dokter afpyl. Wat Ridge betref, beteken die tragiese sterfgeval hy hoef nie sy seun Thomas (Pierson Fodé) te vertel Thomas is eintlik Douglas se biologiese pa nie. Maar Ridge weet nie albei Logan-susters ken sy geheim nie – al wat nodig is, is iets wat uit ’n dronk Katie se mond glip en dit word die grootste skindernuu­s en skandaal.

Thorsten onthul Ridge en Katie se verlede gaan hom inhaal. “Sy is onvoorspel­baar en ’n vrou in haar liefde verlaat. Hulle het ’n lewe saam beplan en toe het alles uitmekaarg­eval. Daar is baie spanning tussen hulle en haar beskuldigi­ngs maak dinge nie makliker nie,” sê Thorsten. • Meer op bl. 18.

 ??  ?? Dr. Wolin (links) dreig Ridge.
Dr. Wolin (links) dreig Ridge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa