TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

Ma.-Do. kykNET (*144) 18:00 Sepie

-

Sedert Mymoena (Jill Levenberg) vanaf Maart in ’n koma is ná ’n motorongel­uk, het ’n nuwe vrou haar in die Samsodien-huis tuis gemaak: Estelle (Elsabé Daneel), die aanneemma van Mymoena se buite-egtelike kind, Bianca (Simone Biscombe, regs). Estelle het Bianca kom help met haar pasgebore baba, Stella (Phoenix Isabella Bennett), en sommer ook die huishoudin­g aan die gang gehou. Maar op Woensdag 26 April is dit duidelik AB (Cedwyn Joel), Mymoena se man, het genoeg gehad en dink dis tyd vir Estelle om te gaan.

“Estelle laat haar nie deur enigiemand voorskryf nie,” sê Elsabé oor AB se eis dat Estelle moet teruggaan na haar plaas by Kuruman. En later die dag beklemtoon sy sy sal net weggaan as Bianca en klein Stella saamkom.

“Met al die drama rondom Mymoena se toestand en Jerome [Danny Ross] se skielike dood [einde Maart], glo Estelle Ruiterbosc­h is tans nie die beste plek vir Bianca en Stella nie. Op die plaas is dit rustiger en kan Bianca behoorlik op haar baba fokus,” vertel Elsabé.

BLY OF GLY?

AB smeek Bianca op Donderdag 27 April om nie weg te gaan nie, maar Estelle hou aan sy moet saamkom plaas toe. Dis wanneer Carmen (Desiré Gardner), Bianca se aanneemsus­ter, ingryp en hul ma mooi laat verstaan sy kan Bianca nie dwing nie. “Estelle wil net die beste vir Bianca hê, maar Carmen dink sy moet ophou inmeng,” vertel Elsabé. Op Maandag 1 Mei maak Bianca haar besluit bekend. En noudat dit lyk of Mymoena dalk binnekort haar oë gaan oopmaak, hoop ons dis die regte besluit – vir almal.

Lees meer op ble. 10-12.

 ??  ?? Carmen (regs) dink haar ma, Estelle, moet ophou inmeng.
Carmen (regs) dink haar ma, Estelle, moet ophou inmeng.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa