TV Plus (Afrikaans)

Kry hulp, of . . .

Azania dreig om Chris uit te skop as hy nie sy verslawing erken en hulp kry nie.

-

Broken Vows Weekdae e.tv (*194) 20:00

Wanneer dit by die fyner detail kom, sien die troubeplan­ner Azania (Enhle Maphumulo) alles raak. Daarom is sy geskok wanneer sy op Woensdag 26 April besef sy het haar oudsokkers­peler-man Chris (Emmanuel Castis) se verslawing aan sy pynmedikas­ie misgekyk. “Azania is baie ontsteld,” vertel Enhle. Sy is trots op haar hoë morele waardes en kan nie glo Chris stel hul huwelik in gevaar nog voor hul kind se geboorte nie.” Azania stel op Donderdag 27 April ’n ultimatum aan Chris: Hy moet sy verslawing oorkom of sy gaan hom uit die huis skop. “Chris loop die gevaar om alles te verloor, maar Azania is bereid om hom te help en by te staan,” sê Enhle.

’N GELUKKIGE GESIN

Azania doen alles in haar vermoë om die hardkoppig­e Chris op Dinsdag 2 Mei te oorreed om vir rehabilita­sie te gaan, maar hy skop vas. “Dit dryf haar teen die mure uit!” sê Enhle, want haar karakter wil bitter graag ’n gelukkige huis skep voor haar baba gebore word. Azania wil hê haar kind moet met ’n verantwoor­delike vaderfiguu­r grootword, anders as sy – haar twyfelagti­ge pa, Ace (Sello Sebotsane), was regdeur haar kinderjare in die tronk. Enhle onthul as sy in so ’n situasie met haar man, die DJ Black Coffee, was, sou sy dieselfde as Azania doen. “Die huwelik is ’n verbinteni­s tot mekaar en gaan daaroor om mekaar te help – ek sou hom ondersteun en bystaan.” Azania sit haar voet dwars op Woensdag 3 Mei en besef “dit moet werk en Chris moet hom regruk”, sê Enhle.

VROU IN NOOD

“Chris wou nog altyd ’n pa wees en hy is opgewonde oor die swangerska­p,” sê Enhle, “maar Azania se dreigement­e val op dowe ore en op Dinsdag 9 Mei skop Chris vas”. Azania is deeglik bewus daarvan sy moet haar baba eerste stel, en “hierdie moeilike situasie help nie. Sy is lief vir Chris en sy sal drasties optree as dit nodig is. Sy is bereid om sy vaderskapd­rome weg te neem as dit op die ou end ’n beter pa van hom sal maak,” sê Enhle.

Lees meer op bl. 57.

 ??  ?? Azania wil hê Chris (inlas) moet hom regruk sodat hy ’n goeie pa vir hul kind kan wees.
Azania wil hê Chris (inlas) moet hom regruk sodat hy ’n goeie pa vir hul kind kan wees.
 ??  ?? Die skelm pa Ace.
Die skelm pa Ace.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa