TV Plus (Afrikaans)

Die pad byster?

Mxolisi wil ’n goeie man wees, maar met twee dodelike pa’s in sy lewe lyk dit of hy nie ’n kans staan nie.

-

Uzalo Ma.-Wo. SABC1 (*191) 20:30

Die eertydse motorkaper Mxolisi (Nay Maps Maphalala) bevind hom nou op die regte pad. “Hy gehoorsaam sy biologiese pa, past. Mdletshe (Glen Gabela), se instruksie­s om by die paneelklop­pers te werk. Hy gee iets terug aan die gemeenskap op dieselfde plek waar hy eers aandadig was aan misdaad,” sê Nay. “Mxolisi se liefde vir Nkunzi (Masoja Msiza) se dogter, Zekhethelo (Nyalleng Thibedi), gee hom die selfvertro­ue om saam met Nkunzi te werk, want dit beteken hy kan nader aan haar wees,” voeg Nay by. Maar hierdie twee pa’s is op die punt om Mxolisi weer van die pad af tot in die misdaadmoe­ras te kry . . .

DODELIKE MDLETSHE?

Wanneer Nkunzi, KwaMashu se nuwe “held”, skimp die pastoor het moord gepleeg in Swaziland, begin Mxolisi op Woensdag 3 Mei met ’n verwoede soektog. Hy weet sy pa steek iets weg, want elke keer wanneer Mxolisi hom oor Swaziland uitvra, lyk hy ongemaklik en begin oor iets anders praat. “Mxolisi begin dinge oor sy pa se tyd in Swaziland uitvind waarvoor hy nie verduideli­kings gee nie,” sê Nay.

NKUNZI SE WARE KLEURE

Terwyl Mxolisi op Donderdag 4 Mei nog aan sy pa twyfel, verklap Nay: “Nkunzi sê vir hom, Mastermind (Ntokozo Dlamini) en Sbu (Simphiwe Majozi): ‘Kom ons gaan ry ’n entjie.’ Hulle stop in ’n rowwe gebied en Nkunzi, Mastermind en Sbu klim uit en los Mxolisi in die kar.” Terwyl hy daar sit, blaas die ander ’n kitsbank reg voor hom op! Nay sê Mxolisi se beeld van Nkunzi as ’n goeie man en weldoener gaan voor hom in vlamme op. En dis iets wat Mxolisi nie met die onskuldige Zekhethelo kan deel nie. “Sy is die liefde van sy lewe,” sê Nay. “Hy wil homself in ’n goeie lig by haar sien, maar nou trek haar pa hom terug na misdaad, en dis iets waarop hy nie trots voel nie.”

IN DIE BLOED

Met albei pa’s wat as gewelddadi­ge mans ontmasker is, is Mxolisi ontnugter. “Hy begin wonder of hy iets in die lewe kan bereik,“sê Nay. “Gaan hy ook ’n moordenaar word? Dalk is die pad van misdaad in sy bloed . . .”

 ??  ?? Nkunzi (heel bo) en Mdletshe is allesbehal­we voorbeeldi­g. Mxolisi het twee duiwels op sy skouer.
Nkunzi (heel bo) en Mdletshe is allesbehal­we voorbeeldi­g. Mxolisi het twee duiwels op sy skouer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa