TV Plus (Afrikaans)

Woede in die vriendsone

Die rokjagters­tudent Emkay lê by Rachel se nuwe kamermaat aan wanneer Rachel ’n ander ou in die oog het.

-

Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Die Gauteng-universite­it se inwonende vrouegek Emkay (Mlungisi Mathe) soek altyd ’n nuwe liefdesbel­angstellin­g en ná hy die aand van Donderdag 27 April heeltyd gedrink het, sleep hy sy beste vriendin, Rachel (Lesego Marakalla), bed toe. Die volgende oggend, op Vrydag 28 April, is sy ontsteld oor waar sy is. “Rachel is geskok!” verduideli­k Mlungisi. “Sy stel net belang in ryk mans en sê altyd Emkay is nie haar soort nie, maar soos hul vriendskap gegroei het, het hy gedink hy staan ’n kans.” Rachel hou Emkay op sy plek en gee hom die “kom ons wees net vriende-reël”, maar ná die aand is hy vasbeslote om nie op te gee nie.

’N VRIEND IN NOOD

Terwyl hy aan ’n plan dink om Rachel te verlei, begin Emkay op Dinsdag 2 Mei met Rachel se kamermaat Glenda (Nozipho Langa) flirt, veral om Rachel jaloers te maak. Maar Rachel val nie vir sy truuks nie, en “dit frustreer Emkay”, lag Mlungisi. “Maak nie saak hoe hy Rachel benader nie, hy vorder niks.”

Die bestuurder van die universite­itskoshuis, Sis’Ouma (Elizabeth Mlengana), waarsku Glenda op Woensdag 3 Mei teen haar vryer, want sy wil Glenda beskerm,” vertel Mlungisi. Die stu- dent se naïewiteit en skoonheid maak haar ’n maklike teiken vir Emkay, maar soos Mlungisi sê: “Hy wag om te sien hoe dinge met Rachel uitwerk. Sy is sy eerste prys voordat hy met Glenda ‘ tevrede sal wees’.”

ANDER FOKUS

Rachel dink nie eens twee keer aan Emkay nie; haar aandag is by die ryk sakeman Lehasa (Cedric Fourie), wat haar by sy restaurant, Café Rovuwa, aanstel. Dis die ideale geleenthei­d vir die konkelaar Rachel, en op Donderdag 4 Mei lyk dit of sy klaar besluit het. “Rachel wil hom nou inkatrol,” sê Mlungisi. En op Maandag 8 Mei beplan Rachel om by haar ouer “seëner”, Lehasa, aan te lê, maar dan loop sy haar vas . . .

Rachel het van haar Turfloop-teenstande­r, Cindy (Phophi Mudau), medeeienaa­r van die restaurant, vergeet. Cindy ken Rachel se truuks en sedert Rachel Cindy se sakemankêr­el Marothi (Macks Papo) in Desember 2015 afgerokkel het, sit hulle nie langs dieselfde vuur nie. Op dieselfde dag wil Cindy die nuwe kelnerin afdank, want sy het met Lehasa geflirt, maar Rachel laat niemand in die pad van die “liefde” kom nie. “Emkay en Rachel is eenders,” verduideli­k Mlungisi. “Hulle taktiek is soortgelyk, en dit sal interessan­t wees om te sien wat hul troefkaart is en hoe hulle dit in hul verhouding­smissies gebruik, en of hul paadjies gaan kruis.”

 ??  ?? Glenda, Rachel se nuwe kamermaat. Rachel dink haar en Emkay se saamslaper­y was ’n fout, maar hy is smoorverli­ef.
Glenda, Rachel se nuwe kamermaat. Rachel dink haar en Emkay se saamslaper­y was ’n fout, maar hy is smoorverli­ef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa