TV Plus (Afrikaans)

Skandalige ma

Die twee episode lange dramareeks The Moorside gaan oor ouers se ergste nagmerrie: hul kind wat wegraak.

-

The Moorside Seisoen 1 Woensdae ITV Choice (*123) 20:00 (vanaf 3 Mei)

Dit is 2008 en die Wes-Yorkshire-ma Karen (Gemma Whelan) is paniekerig in die minireeks The Moorside (2017). “Bring haar terug na my, bring my baba terug,” smeek sy op die nuus. Karen se negejarige dogter Shannon het verdwyn in hierdie biografies­e drama oor die gebeure wat die buurt Dewsbury in 2008 geskud het. Charlotte Moore van die produksien­etwerk The BBC verduideli­k: “Dit was ’n buitengewo­ne storie wat die gemeenskap geruk het. As ’n nasie het ons dit altyd vanuit een perspektie­f gesien en ons hoop die drama sal vasvang hoe dit was om die middelpunt van daardie gemeenskap te wees – hoe hulle reageer het en daardeur geleef het.”

WOONBUURT VERENIG

Karen is nie alleen in haar soektog nie – haar beste vriendin Julie (Sheridan Smith) is aan haar sy en koördineer die soekgesels­kap wat Shannon wil opspoor. Sheridan sê: “Dit [die storie] is ’n boeiende mengsel van wat ek gedink het ek weet en heelwat meer waarvan ek geen idee gehad het nie.” Sy praat van die geloof en vertroue wat die mense gehad het om die meisie lewend te vind. Shannon word gered nadat sy in ’n bed in ’n huis daar naby opgespoor is.

Maar onraad word vermoed, en Karen se vriendin Natalie (Sian Brooke) bevraagtek­en Karen se gedrag deur die hele beproewing. “Dis belangrik om menslike stories te vertel en die kykers hul eie gevolgtrek­kings te laat maak,” sê Charlotte.

WÊRELD KAP TERUG

Baie mense het nie van die reeks gehou nie, soos die ouers van die verdwene meisie Madeleine McCann, wat The Moorside “onsensitie­f” noem. Inwoners van Dewsbury het gesê: “Dis nie vermaak nie. Dis siek en walglik dat ’n TVreeks hiervan gemaak is. Hoe regverdig is dit teenoor die meisie wat nou haar trauma en die aaklige goed waardeur sy is, moet herleef?”

Die regte Julie het van die reeks gehou, maar gesê dit het ou wonde oopgekrap. “Ek het Karen in die tronk besoek. Ek wou antwoorde hê – soos hoekom sy dit gedoen het – maar ek het niks gekry nie.”

 ??  ?? Van links: Natalie, Julie en Karen.
Van links: Natalie, Julie en Karen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa