TV Plus (Afrikaans)

Generation­s

Nandi se affair is ’n waarskuwin­g vir haar misdadige man Jack.

- Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*193) 20:00

Jack Mabaso (Vusi Kunene) regeer in die strate van Joburg en enigeen wat hom probeer uitoorlê, het nie bly leef om hul verhaal van verraad te vertel nie. Hy soek bloed op Woensdag 10 Mei wanneer sy vrou Nandi (Brenda Mhlongo) hom vertel sy het gevoelens vir sy sakevyand Tau Mogale (Rapulana Seiphemo). Tau beplan om Jack te vernietig en sy bouprojek JM Eco City oor te neem. “Jack is briesend,” verduideli­k Vusi, en die volgende dag, op Donderdag 11 Mei, sien hy rooi by ’n raadsverga­dering. “Jack pot Tau! Hy is buite homself van woede en hy waarsku Tau om van sy vrou weg te bly.” Vusi voeg by Jack se vennote is geskok, want hulle weet jy moenie hom verkeerd opvryf nie.

’N NUWE BEGIN

Jack is bereid om Nandi te vergewe, maar hy kom met sy voorwaarde­s op Maandag 15 Mei. Jack verbied sy vrou om Tau ooit weer te ontmoet of haar sake-idees met hom te bespreek. “Nandi is verras oor sy vergewensg­esindheid, maar sy bly nie stil nie en vertel hom hy moet baklei vir hul huwelik,” sê Vusi. Nandi het nog altyd tweede gekom in Jack se lewe, en hy het ook nie sy belofte nagekom nie om ’n beter man vir haar te wees ná sy affair met Tshidi (Latoya Makhene), wat in Februarie 2016 geëindig het. Vir die eerste keer stel Nandi haarself bo haar man. “Nandi sê vir Jack hy moet haar vertrou soos sy hom vertrou het toe hy haar verkul het. Hy kom met ’n skok agter sy sal oukei wees sonder hom,” vertel Vusi. Die geharde Jack is die eerste keer in sy lewe bang, en hy is bereid om te verander, ook om die onthalwe van hul twee kinders, Sphe en Fana (Pearl Monama en Duma Mqobi).

TWEEDE WAARSKUWIN­G

Terwyl Jack sy bes doen om sy vrou gelukkig te hou deur tyd saam met haar deur te bring, is daar meer drama op Dinsdag 16 Mei wanneer die swanger Sphe omkap. Hoewel Jack nie by sy dogter is wanneer sy hospitaal toe gehaas word nie, is dit nog ’n waarskuwin­g vir die twyfelagti­ge sakeman om meer aandag aan sy gesin te gee. “Soos almal, is Jack bekommerd oor Sphe en die baba,” sê Vusi. Jack sien daarna uit om ’n oupa te word sedert hy in Augustus 2016 gehoor het sy dogter is swanger, en op Woensdag 17 Mei belowe hy Nandi hy sal harder probeer om sy gesin eerste te stel, veral vir haar.

HOU DIE BELOFTES

Die Mabasos is bekommerd oor die komplikasi­es met Sphe se swangerska­p op Maandag 22 Mei, en Jack verseker Nandi hy is “’n ander man”. Maar ’n mens ken die spreekwoor­d oor ’n jakkals wat van hare verander, maar nie van streke nie – dit gebeur nie sommer nie. “Jack sal altyd Jack wees,” verklap Vusi. “Hy sê net hierdie dinge om Nandi te paai en aan sy kant te hou.” Want dit sal later blyk Jack is besig om ’n wraakplan uit te werk wat niemand sal verwag nie wanneer hy Tau, wat sy gesin bedreig het, aanvat.

 ??  ??
 ??  ?? Nandi draai die ongenaakba­re Jack om haar pinkie en laat hom diep nadink.
Nandi draai die ongenaakba­re Jack om haar pinkie en laat hom diep nadink.
 ??  ?? Tau loop onder Jack se vuiste deur oor sy affair met Nandi.
Tau loop onder Jack se vuiste deur oor sy affair met Nandi.
 ??  ?? Smanga (Moopi Mothibeli) help die swanger Sphe – haar ineenstort­ing help Jack “verander”.
Smanga (Moopi Mothibeli) help die swanger Sphe – haar ineenstort­ing help Jack “verander”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa