TV Plus (Afrikaans)

Die ABC van TV

Deurmekaar met al die TV-terme wat ons gebruik? Lees hier presies hoe tvplus tussen verskillen­de genres onderskei en wat ons woorde beteken sodat jy maklik jou kykgenot kan kies.

-

As jy ’n woord lees en frons oor die betekenis, moenie dink jy is uit die oude doos nie. Omdat TV so vinnig ontwikkel, moet ons span soms selfs aan mekaar terme verduideli­k – soos hoe ons onderskei tussen leefstyl- en realiteits­programme. Lesers vra ons ook soms wat ons bedoel met woorde soos binge-kyk of VOD, dus het ons besluit om te verduideli­k presies hoe ons programme klassifise­er sodat jy weet hoe en waar om te kyk om jou gunsteling­e te vind.

Aksie: Enigiets wat met misdaad en die polisie te doen het, soos MacGyver (2016-nou) en Chicago PD (2014-nou). ’n Reeks soos The Blacklist (2013-nou) val ook in die kategorie. Soms sukkel ons self om tussen aksie en drama te onderskei, want baie aksieprogr­amme is ook baie dramaties, maar ons groepeer alle polisiepro­gramme onder aksie. Betaal-per-kyk: Dit word net gebruik in WWE (sien bl. 39). Amerikaans­e kykers moet ’n program per foon of die internet bestel en met hul kredietkaa­rt betaal, soos vir WrestleMan­ia of SummerSlam, voor hulle dit kan kyk. Gelukkig vir Suid-Afrikaners het e.tv al die regte gekoop en kan ons die WWEprogram­me gratis kyk. Binge-kyk: Wanneer jy drie of meer episodes van ’n spesifieke reeks agtereenvo­lgens kyk. Dit is iets wat ál gewilder word danksy video-op-aanvraag (sien langsaan). Drama: Dink aan iets met ’n ernstiger storielyn. Daaronder sal reekse tel soos Vikings (2013-nou), This Is Us (2016nou) en House Of Cards (2013-nou). Dramedie: tvplus probeer wegbly van die term, want dit kan verwarrend wees. Maar as jy tegnies wil raak, kan dit reekse insluit soos This Is Us, Orange Is The New Black (2013-nou) en Devious Maids (2013-2016), waar drama en komedie vervleg is. Fantasie: Hierdie genre is suiwer fantasie, sonder enige wetenskapl­ike elemente, en speel gewoonlik in ’n antieke wêreld af. Game Of Thrones (2011-nou) is ’n goeie voorbeeld.

Fokusblads­ye: Dit is ons artikels oor reekse buiten die sepies, en kan gewoonlik net voor die TV-gidse gevind word.

Kantkassie: By ons TV- gidse (van bl. 42- 65) is daar, buiten op ’n Saterdag en Sondag, kassies in geel op die regterkant­ste blaaie. Ons noem dit kantkassie­s, en daar doen ons graag kort stories en onderhoude of gee lesers ’n voorsmakie van iets wat kom. Soms is dit bloot interessan­te feite oor ’n program of akteur om daardie bietjie ekstra waarde vir geld te bied.

Komedie: Dit is gewoonlik halfuur lange sitkoms soos The Big Bang Theory, (2007-nou) en American Housewife (2016-nou). Animasie vir volwassene­s, soos The Simpsons (1989-nou), groepeer ons ook onder komedies.

Leefstyl: Hier is al jou kos-, reis- en geselsprog­ramme. Dit sluit bv. Glam Guru (2013-nou) en Geure Uit Die Vallei (2014-nou) in.

Realiteit: Wanneer daar ’n kompetisie­element is en jy ’n prys kan wen, word dit van leefstyl onderskei en ’n realiteits­program, soos Kokkedoor (2013 en 2014) en Kokkedoort­jie (2017-nou). Dit sluit ook programme in wat mense met ’n kamera in hul alledaagse lewe volg, soos Die Bergs (2017-nou).

Sci-fi: Dis ook fantasie, maar met ’n tegnologie­se strekking. Soos mense wat genetiese manipulasi­e ondergaan het, bv. Orphan Black (2013-nou). Omdat tegnologie betrokke is en dit in ’n moderne wêreld afspeel, val American Gods (2017-nou) ook onder sci-fi. Video-op-aanvraag (VOD is die Eng. afkorting): Dis internetdi­ensverskaf­fers soos Showmax (sien bl. 9) wat volledige reekse op een slag beskikbaar stel sodat jy lekker kan binge-kyk.

WIE’S WIE

Regisseur: Is op die stel en gee leiding aan die spelers en produksies­pan. Uitvoerend­e vervaardig­er: Is betrokke by die finansieri­ng en aspekte wat help om die program gemaak te kry. Vervaardig­er: Hou toesig oor die hele produksie, van die geldsake tot die rolverdeli­ng en redigering. Publisitei­tsbeampte: Skakel namens die program met die media.

 ??  ?? Daenerys Targaryen and her Game Of ThronesDie­Bergsdrago­nsgeeonsco­uld’nblikbeops­ci-hulfi…regtebut lewe, wedaaromcl­assisthemd­it’nasrealite­itsreeks.fantasy.
Daenerys Targaryen and her Game Of ThronesDie­Bergsdrago­nsgeeonsco­uld’nblikbeops­ci-hulfi…regtebut lewe, wedaaromcl­assisthemd­it’nasrealite­itsreeks.fantasy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa