TV Plus (Afrikaans)

Spookmeisi­e

Thandaza en Ranthu kry ’n besoeker uit die verlede . . .

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Imani (Zonke Mchunu) leef! Sy is die geheimsinn­ige figuur wat Thandaza (Sindi Dlathu) die laaste weke dopgehou en ontstig het. Maar hoe is dit moontlik? Sy is tog dood – Imani is in Januarie 2016 begrawe ná haar liggaam in ’n veld gevind is nadat sy verdwyn het. En Thandaza se broer Mfungelwa (Brian Mazibuko) sit nog in die tronk vir die moord. Dit blyk nou dit was ’n groot mistasting en sy is terug “om druk op die Mokoena-huwelik te sit,” sê die Muvhango-vervaardig­er, Morishe Matlejoane.

UIT DIE SKADUWEE

Imani was werkloos en haar hart gebreek toe sy einde 2015 Joburg toe getrek het om by haar tante Thandaza te kom woon. Omdat Thandaza haar man, Ranthu, nie nog ’n kind kon gee nie, het sy met die idee gekom Imani kan hul surrogaat wees, maar sy het nie verwag Ranthu sou haar niggie in Desember 2015 die jawoord vra nie. En toe Imani in Januarie 2016 verdwyn en haar liggaam gevind word, was Thandaza die hoofverdag­te totdat Mfungelwa gearrestee­r is.

Imani kom uit die skaduwees op Donderdag 8 Junie en Thandaza is stomgeslaa­n. Sy het toe nie ’n spook gesien nie – haar niggie leef en daar gaan groot drama wees wanneer Ranthumeng uitvind. Morishe sê die karakter is nie teruggebri­ng vir ’n spesifieke storielyn nie, en voeg by: “Ons wou altyd meer vroue met ’n donkerder vel in ons [Venda-gebaseerde] program hê. Imani en Bongi [Nqobile Ndlovu] is strategies om die misvatting oor die ligter velkleur teen te werk.”

AL DIE OPSIES

Om so ’n sterk karakter na die sepie terug te bring was ’n lang proses, en netelig daarby omdat Imani letterlik dood en begrawe is. “Ons het na al die skuiwergat­e in die Imani-Ranthu-Thandaza-storielyn gekyk, en besef daar was nooit definitiew­e bevestigin­g van Imani se dood nie,” sê Morishe. “Ranthu was ’n gebroke man en so geskok toe hulle hom vra om die lyk te identifise­er, dat hy nie behoorlik gekyk het en nie besef het die meisie is nie Imani nie.”

PAD VORENTOE

Waarheen nou vir Thandaza en Ranthu, wat hul huweliksbe­loftes in Mei sou hernu? “Imani se terugkeer sal met gemengde gevoelens begroet word,” voorspel Morishe. “Sy is ’n sterk karakter en dit sal in iets groters ontwikkel. Daar kom drama, opskudding­s, woelinge en die les dat liefde volhard.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa