TV Plus (Afrikaans)

’n Pa se liefde

David is smoorverli­ef, maar dis iemand van wie hy gou sal wil vergeet.

-

Rhythm City Weekdae e.tv (*194) 19:00

’n Mens kry nie sepieskurk­e wat meer geslepe is as David Genaro (Jamie Bartlett) nie. Maar soos elke ander TV-baddie is daar moeilikhei­d op pad vir David wanneer iemand uit sy verlede opdaag. Roberto en sy prokureurv­rou, Flavia (Jose Domingo en Gabriella Cirillo), wil wraak neem op Woensdag 7 Junie omdat David die oorsaak is dat hulle hul onwettige vleissindi­kaat kwyt is. En hulle het ’n geheime wapen: iemand genaamd Pearl (Petronella Tshuma).

WIE’S DIE MEISIE?

“Daar is ’n onmiddelli­ke aantrekkin­gskrag wanneer sy later dieselfde dag by David se klub, Zer011, instap,” vertel Jamie. “En al is daar ’n groot ouderdomsv­erskil, is daar ’n intense aangetrokk­enheid. David het nog nooit so gevoel nie; dis asof hy hom in haar sien,” verduideli­k Jamie. Flavia het laat in Mei met haar mede-gevangene Andisa ( Tina Jaxa) gesels en hulle vind toe uit hulle het iemand gemeen: David. Andisa het byna haar vonnis uitgedien en wou vir David van sy dogter vertel, en Flavia het aangebied om te help – Pearl moes vir Roberto kontak. Teen Woensdag 7 Junie is Pearl omgepraat om David te verlei, al weet sy nie wie hy is nie.

VREEMDER GEVAAR

“Dis duidelik Pearl wil David in die bed kry – dis haar doelwit,” sê Jamie. Maar hy behoort dankbaar te wees hy omring hom met net sulke twyfelagti­ge vriende – op Maandag 12 Junie vermoed David se sakevennoo­t Niki (Nolo Phiri) Pearl wil David se geld steel. En die helfte is Niki s’n. “Niki waarsku David,” sê Jamie. “Sy’s gewoond aan sy volle aandag, en nou het hy net oë vir Pearl.”

WIE’S JOU PAPPIE?

David weet Niki het ’n talent om leuenaars uit te ken, maar David hoef nie ver te soek vir die waarheid nie – dit kom soek hom . . . letterlik. David kry ’n verrassing­sbesoeker op Maandag 19 Junie wanneer sy oudgevange­ne-minnares Andisa (Tina Jaxa) opdaag met die skoknuus vir David. “Hy’s verward en geskok en versteur,” verduideli­k die akteur. “David het jammer gevoel vir Pearl nadat sy hom vertel het haar ma was in die tronk en sy het nie ’n pa nie.” David is sprakeloos, maar wag todat hy uitvind wie wou hom by sy dogter laat slaap. Daar sal nêrens plek wees waar Flavia en Roberto kan wegkruip nie.

 ??  ?? David se eksminnare­s Andisa het ’n skokonthul­ling. David draai die sjarmekraa­ntjie oop om Pearl te verlei.
David se eksminnare­s Andisa het ’n skokonthul­ling. David draai die sjarmekraa­ntjie oop om Pearl te verlei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa