TV Plus (Afrikaans)

’n Vrou verafsku

Damon Bradbury se eksvrou Jennifer kan Quinton ’n ding of twee vertel – maar gaan sy hom die waarheid vertel?

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

Siseko (Hlomla Dandala) het dalk daardie dokumente vervals wat tot gevolg gehad het dat die twyfelagti­ge Damon (Craig Urbani) Yvonne (Kgomotso Christophe­r) op 10 Februarie vanjaar voor die kansel gelos en vir die polisie gevlug het. Maar daar is geen rokie sonder ’n vuurtjie nie en Damon se skeptiese neef Quinton (Brighton Ngoma) volg die sterkste rooksein. Dit lei na die eksmevrou Bradbury (Charmaine Weir-Smith), die vrou wat Yvonne drie dae voor die troue gewaarsku het: “Hardloop so vinnig as wat jy kan in die teenoorges­telde rigting”. Quinton gaan baie meer kry as wat hy gehoop het!

DIE AGTERDOGTI­GE MEVROU

Quinton besef hy is ’n dooie man as hy die verkeerde beweging maak wanneer Jennifer haar deur op Woensdag 7 Junie oopmaak. “Sy leef in ’n staat van groot angstighei­d en vrees. Wanneer Quinton dus by haar huis opdaag, is sy dadelik bang. Dit is rede vir ontstelten­is dat hy iets met Damon te doen het,” sê Charmaine. “En sy is vrou-alleen op ’n kleinhoewe ver buite Johannesbu­rg – haar naaste bure is ’n kilometer weg van haar. Sy weet nie eens of sy Quinton kan vertrou nie, en sê vir hom: ‘Wees bang vir my en moenie met my probeer mors nie.’” Haar onbedekte dreigement bewys die muis kan brul.

KLAP TERUG

Op Donderdag 8 Junie besluit Jennifer om Quinton in te laat – op meer as een manier. “Sy het so seergekry weens haar verbinteni­s met Damon . . . hy het haar lewe vernietig en haar geld gevat – dis haar storie. Maar wanneer sy Quinton ontmoet, voel sy instinktie­f aan hy is iemand spesiaal. Quinton stel dit van die begin af duidelik hy is aan haar kant, want hy vertrou Damon ook nie.” En op Maandag 19 Junie, oorhandig Jennifer haar boerpot: ’n dagboek vol vuil detail. “Sy voel sterk daaroor om mense teen Damon te waarsku. Sy glo hy is die duiwel self,” sê Charmaine. Maar die aktrise het ’n waarskuwin­g vir haar fans: “Is Jennifer reg oor Damon, of is Damon reg oor Jennifer? Jy is konstant op ’n mespunt. Sy neem sommige dapper besluite wat kykers kan skok.” En dis nie lank nie of Quinton besef Jennifer soek meer as net ’n “misdaadven­noot”.

 ??  ?? Jennifer weet van haar eks se vuil geheime. Maar dit kom teen ’n prys . . . Wat is dit wat Damon (inlas) nie wil hê sy neef Quinton moet hoor nie?
Jennifer weet van haar eks se vuil geheime. Maar dit kom teen ’n prys . . . Wat is dit wat Damon (inlas) nie wil hê sy neef Quinton moet hoor nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa