TV Plus (Afrikaans)

‘Ons is g’n common’

Markus, Charlize se jongste boetie, praat oor Die Bergs.

-

Die Bergs Seisoen 1 Woensdae VIA (*147) 21:00

Dis net meer as ’n maand op die kassie, maar die realiteits­reeks Die Bergs, oor die wel en wee van die sangeres Charlize Berg en haar gesin, het al onder kwaai kritiek deurgeloop, veral op sosiale media. “Is dit net ek, of is [die reeks] in swak smaak?” vra Cheryl O’Leary Coetzee op Facebook, terwyl Pierre Stander reken: “Dis net belaglik dat al hierdie sogenaamde bekendes hul hele lewe alewig aan die media blootstel. Dit is asof hulle rede soek om aandag te trek.” Maar dis soos water op ’n eend se rug, sê die 21-jarige Markus Berg, Charlize se jongste broer.

LAG DIT WEG

“Ons steur ons nie aan die negatiewe kommentaar nie,” sê Markus oor die reeks se leunstoelk­ritici.

“Almal het die reg op hul mening. Wat kykers op TV sien, is ’n eerlike blik op ons lewe. Niks is aangeplak of vals nie. Ons is nie common nie. Dis net wie ons is. Natuurlik gaan nie almal daarvan hou nie.” Hy sê hy en sy gesin het hulle voorgeneem om hulself nie blind te staar teen die kommentaar op sosiale media nie en slegte aanmerking­s af te lag.

KOP VIR SYFERS

Markus het, in teenstelli­ng met sy musikale ouer tweelingbr­oer en -suster, Jaco en Charlize (25), ’n kop vir syfers en die sakewêreld.

“Ek hou van musiek, maar dis nie my forte nie,” sê hy. “Ek wil eerder in my pa, Petrus [’n ontwikkela­ar], se voetspore volg.” Markus hoop om in September sy B.Com-bemarkings­graad aan die Prestige Academy in Centurion te behaal.

Markus en sy meisie, Rochelle (20), is al van skooldae af saam en hul romanse is deel van Die Bergs se storielyn. Markus sê dit was Rochelle se besluit om mee te doen, hoewel hy haar privaathei­d wou beskerm.

Die Bergs gaan nog tot 12 Julie te sien wees, en vir Markus is episode 11 (28 Junie), wanneer Charlize en die argitek Warren Linden trou, sy gunsteling. Maar oor sy eie trouplanne lag hy net geheimsinn­ig: “Ons sal sien.”

 ??  ?? Markus en sy meisie, Rochelle, ken mekaar al van skooldae af.
Markus en sy meisie, Rochelle, ken mekaar al van skooldae af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa