TV Plus (Afrikaans)

Lekker lag

Bennie Fourie het drie grade agter sy naam, maar hy het ’n loopbaan in die vermaakbed­ryf gekies.

-

Phil 101 Seisoen 1 Maandae kykNET (*144) 20:30

Bennie Fourie (28) weet goed hoe om ons lagspiere te kielie. Sy 2017SAFTA (South African Film And Television Awards) vir beste teks in ’n TV-komedie vir sy draaiboek vir die eerste seisoen van die komedie Hotel (2016-nou), is ’n bewys daarvan. Deesdae hou hy ook sy lyf akteur en speel tans die hoofkarakt­er, prof. Philip, in die komedie Phil 101 (2017nou). Ons gesels met hom oor die reeks en wat in sy toekoms wag.

Waaroor gaan Phil 101?

Dit speel by die fiktiewe Sentrale Universite­it van Suid-Afrika af, en dit handel meestal oor wat in die lektore by die filosofied­epartement se lewe aangaan. Hulle is dalk akademici, maar die spul is ver van styf – hulle is eerder laf en vry van gees.

Wat kan jy van jou universite­itsjare onthou?

Ek was vanaf 2007-2011 by Pukke (die Noordwes-universite­it se Potchefstr­oom-kampus) waar ek ’n B.Com-regsgraad en ’n nagraadse onderwysdi­ploma verwerf het. Dit was van die wonderliks­te jare in my lewe. Deur betrokke te raak by koshuiskon­serte en die improvisas­iekomedieg­roep Lagnes, wat ook op kykNET was [2011-2013], saam met my akteursvri­end Tim Theron [Steven Mitchell in Sterlopers, 2014-nou], het ek my liefde vir vermaak gevind.

Wat is aan die broei tussen Phil en sy kollega Jeanne (Cintaine Schutte)?

Daar is beslis ’n vonk tussen die twee. Maar Phil sukkel om sy gevoelens oor te dra. Julle sal maar moet wag en kyk of daar teen die einde van die reeks [3 Julie] enige vordering is met hul verhouding.

Wanneer kan ons ’n tweede seisoen van Hotel verwag?

Ek is besig om aan die regie te werk. Stiaan Smith (Jurie de Klerk in Phil 101), wat saam my aan die eerste seisoen gewerk het, gaan ongelukkig nie vir die tweede seisoen beskikbaar wees nie, want hy gaan vir ’n ruk oorsee. Ons begin in die laaste week van Julie skiet, weer by die Kleinkaap-boetiekhot­el in Centurion. Kykers kan al die ou gesigte, van Schalk Bezuidenho­ut (portier Danny Beyers) tot Simoné Nortmann (ontvangsda­me Jony Scholtz) terugverwa­g. Die reeks is geskedulee­r om teen Oktober op die kassie uitgesaai te word.

 ??  ?? Bennie is dolgelukki­g in die vermaakwêr­eld.
Bennie is dolgelukki­g in die vermaakwêr­eld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa