TV Plus (Afrikaans)

Kantoor- oepsies

Die personeel by Dunder Mifflin Paper Company herleef die gelag in The Office.

-

The Office Seisoen 1 Vrydae SABC3 (*193) 22:00 (begin 9 Junie)

Die takbestuur­der van Dunder Mifflin, Michael Scott (Steve Carell), en sy personeel is terug op SABC3 in die Amerikaans­e weergawe van The Office (20052013; die oorspronkl­ike Britse reeks was vir twee seisoene, vanaf 2001 tot 2003, op die lug). Dit beteken snaakse sêgoed, droë humor en vreemde avonture soos die span hul werk doen terwyl elke stap deur ’n kameraspan opgeneem word. “Dis mense wat die samelewing verloorder­s sal noem,” sê Steve. “Hulle is eienaardig, maar ek dink aan hulle as menslik. Ek dink mense wat anders is, is interessan­t.”

KEN JOU PLEK

Hier is vyf belangrike gesigte wat jy baie in seisoen 1 gaan sien:

Ryan Howard 1

(BJ Novak, Jamie in The Mindy Project, 2012nou) is die nuweling wat enigiets vir iemand in ’n magsposisi­e sal doen. Dis

hoekom hy Michael se gunsteling is.

Pam Beesly (Jenna Fischer, 2 Jennifer in The Mysteries Of Laura, 2014-2016) is die skaam ontvangsda­me en sal eerder prentjies krabbel as fone antwoord.

Jim Halpert (John Krasinski, die 3 stem Lancelot in die Shrek-flieks, 2001-2010) is die “lang, aantreklik­e” verkoopsma­n wat Dwight graag poetse bak. Jim is verlief op Pam.

4 Dwight Schrute (Rainn Wilson, Everett Backstom in Backstrom, 2015) is Michael se assistent en neem sy werk ernstig op. Hy is opgelei in verskillen­de gevegskuns­te.

Michael is die onwaarskyn­like 5 baas wat onvanpaste grappe vertel en met sy medewerker­s skoorsoek. Hulle is lief vir hom en aanvaar hom soos hy is, sê Steve. Hy kan kinderagti­g wees en het ’n paar alterego’s.

 ??  ?? Seisoen 1 se hoofkarakt­ers (van links) is Ryan, Pam, Jim, Dwight en Michael.
Seisoen 1 se hoofkarakt­ers (van links) is Ryan, Pam, Jim, Dwight en Michael.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa