TV Plus (Afrikaans)

Steun op sukses

Om ’n tegno-genie te wees kan gevaarlik wees. Vra maar net die bleeksiele in seisoen 4 van Silicon Valley.

- Seisoen 4 Vrydae M-Net (*101) 23:30 (begin 16 Junie) Silicon Valley

Hulle is terug! Die manne wat jou laat dink aan Bill Gates en Steve Jobs in die rekenaarko­mediereeks Silicon Valley (2014-nou) is reg vir besigheid. “Richard praat nie van miljoene nie,” sê die hoofakteur Thomas Middleditc­h. “Hy dink aan biljoene. Hy dink hy’s reg om dit te doen [met sy algoritmes].” Hy kon ons geflous het, want seisoen 4 begin met Richard wat in ’n penarie is – hy het die pad byster geraak en sy besigheid verloor. “Richard flikflooi met die donker kant en hy hou daarvan,” sê Thomas. Die ander karakters verander ook die seisoen.

DIE OUENS BREEK UIT

Dinesh (Kumail Nanjiani) is die hoof van PiperChat in episode 1. Teen episode 2 (23 Junie) kry hy ’n boete van $21 biljoen omdat die B’s& V’s nie minderjari­ges beskerm nie. Hy het begin as: ’n Arrogante programmee­rder wat nie die baas sou wees nie. Hy word: ’n Eenmalige hoof wat biljoene verloor het.

Gavin Belson (Matt Ross) se wraak dryf hom om sy werknemer Jack (Stephen Tobolowsky) terug te kry, want Jack het dat Gavin biljoene laat mors met ’n onnodige privaat vliegrit.

Hy het begin as: Die tegniese maatskappy Hooli se hoof wat steeds Richard se programmer­ingskodes soek.

Hy word: Werkloos in episode 3 (30 Junie) wanneer Jack aanbeveel hy vat PiperChat by Dinesh oor. Nie dat Jack regtig omgee nie. Die goedgemani­erde admin-ou Jared (Zach Woods) probeer Richard help om weer op sy voete te kom en droom saam met hom van ’n “nuwe” internet.

Hy het begin as: Die man wat tot almal se redding kom.

Hy word: ’n Vuilbek in episode 4 (7 Junie) wanneer iemand weer oor Richard loop.

 ??  ?? Die sagtewarep­rogrammeer­der Richard se wêreld en besigheid val uitmekaar.
Die sagtewarep­rogrammeer­der Richard se wêreld en besigheid val uitmekaar.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa