TV Plus (Afrikaans)

President-probleme

’n Ingewikkel­der politieke magspel staar Francis en Claire in die gesig as wat hulle tot nog toe beleef het in House Of Cards.

- House Of Cards

Seisoen 5 Woensdag M-Net (*101) 22:30 (vanaf 14 Junie)

Die politiek is nie vir papbroeke nie en die dramareeks House Of Cards (2013-nou) het alles in die eerste vier seisoene gedoen: moord, seksskanda­le, nuusmanipu­lasie . . . wat bly vir die kykers oor? “Wag julle net,” skerts Kevin Spacey as die Amerikaans­e president Francis Underwood. “Daar was kommentaar oor hoe ons nie met die regte wêreld kan meeding nie, dus gaan dit nie interessan­t wees nie. Mense het gedink die reeks kan onmoontlik so gek soos die regte wêreld wees.”

GERUGTE DOEN DIE RONDE . . .

Die sekuriteit rondom die produksiem­aatskappy Netflix is strenger as by die Withuis ná seisoen 5 van sy tronkdrama reeks Orange Is The New Black (2013nou) uitgelek het en in April aanlyn verskyn het. Wat ons tot nou weet, is:

Die VSA is terreurpar­aat. Die presidents­vrou Claire Underwood (Robin Wright) waarsku die land in ’n verkiesing­sadvertens­ie: “Julle moet ons laat weet wat julle sien. Wie ook al die verkiesing wen, ons sal moet saamwerk, op die uitkyk wees vir mekaar en mekaar dophou om ons veilig te hou.” Frank wil in die magsposisi­e bly. 2 En nie net meer vir een termyn nie. “Die Amerikaner­s weet nie wat die beste vir hulle is nie. Ek weet wat hulle nodig het,” sê hy. “Underwood 2016. 2020. 2024.” Daar’s ’n begrafnis, ’n terreuraan­3 val op Claire gemik, en die FBI soek na ’n sleepwa in die woud. Die president sit vyande in die tronk, veral binnelande­rs. Claire breek die “vierde muur”, sy 4 skimp (direk in die kamera), meer oor ’n groter rol. Mev. President, dalk?

BETAAL OF EK’S UIT

Robin het ná seisoen 4 byna bedank toe sy hoor Kevin word meer betaal – hy kry $6,5 miljoen per seisoen (R86 m.) en sy $5,5 m. “Claire en Francis is gelyk wat mag, die storie en hul eenheid betref. Francis is ’n orator. Claire is die ego wat hom rig,” sê Robin. En al is dit nou tjoepstil, sê Robin: “Ek wil net regisseer. Ek wil nie meer voor die kamera wees nie. Ek het dit gedoen. Ek is verveeld.”

 ??  ?? Claire en Francis is terug en manipuleer die VSA-politiek verder.
Claire en Francis is terug en manipuleer die VSA-politiek verder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa