TV Plus (Afrikaans)

Op ’n drafstap

Die speurders Jerry en Harry gee skop aan seisoen 3 van Bosch.

- Seisoen 3 Sondae Universal Channel (*117) 20:00 Bosch

Om die kollega van ’n LA-speurder soos Harry Bosch (Titus Welliver) in die misdaad-aksiereeks Bosch (2014-nou) te wees, beteken jy moet stamina hê. Vra maar net sy speurmaat Jerry Edgar (Jamie Hector), wat weer moet uithaal om by te hou in seisoen 3. “Ons het saam met regte speurders op hul rondes gegaan om te sien hoe hulle te werk gaan,” verduideli­k die 41-jarige Jamie. “Maar niks kon ons voorberei op die werklike verfilming en om met ’n swaar vuurwapen rond te hardloop nie!” Ons het telefonies met Jamie gesels om meer uit te vind oor seisoen 3 . . .

Watter voorbereid­ing het jy gedoen om ’n speurder te kan speel?

Die proses was terselfder­tyd maklik en moeilik. Ek het by die LA-polisiedep­artement geleer hoe om te skiet, te bestuur en misdadiger­s te vang. Dit was die maklike deel. Vir die ander dinge, die toneelspee­l-aspek, het ek na TV-programme soos Law & Order (1990-2010) en True Detective (2014-nou) gekyk. Dit was waardevol om meer te leer oor speurders se werkwyse en emosies.

Wetstoepas­sing in Amerika het onlangs onder skoot gekom. Het jou persepsie van polisieman­ne verander deur een te speel?

Hulle doen ’n baie gevaarlike werk en plaas hul lewe daagliks op die spel om die gemeenskap te help. Dis ’n groot risiko, en myns insiens behoort elke polisiebea­mpte te besin oor sy of haar morele optrede. Daardie optrede behoort vanuit ’n goeie plek te kom, want as dit nie is nie, word dinge polities.

Bosch gaan nie net oor polisiewer­k nie – gaan ons die seisoen persoonlik­e drama sien?

Beslis – verwag vyandige situasies, verhouding­sprobleme, morele optrede wat bevraagtek­en word en heeltemal ander storielyne. Ek moet dit waarskynli­k nie uitlap nie, maar daar’s ’n wonderlike cliffhange­r!

Baie programme eindig tog so. Wat maak Bosch anders?

Die pas – ons is altyd aan die beweeg en het verweefde stories. As jy elke storie uitmekaarh­aal, word soveel aandag gegee aan detail, die skryfwerk, die toneelspel. Vir my is dit wat die program so lewensgetr­ou en eerlik maak.

 ??  ?? Die polisieman­ne Jerry (links) en Harry kry met meer as misdadiger­s te doen in seisoen 3.
Die polisieman­ne Jerry (links) en Harry kry met meer as misdadiger­s te doen in seisoen 3.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa