TV Plus (Afrikaans)

Gaan hy boet?

Die groot vraag is of die reeksmoord­enaar in seisoen 3 van The Fall gaan oorleef.

- The Fall Seisoen 3 Dinsdae M-Net (*101) 22:30 (begin 20 Junie)

Speursuper­intendent Stella Gibson (Gillian Anderson, agent Dana Scully in die sci-fi-reeks The X-Files, 1993-nou) is vol bloed wanneer die Britse polisieree­ks The Fall (2013-nou) terugkeer. Maar die meeste bloed is nie hare nie . . . “Sy het haar verdagte en dan volg die skietery [aan die einde van seisoen 2],” sê Gillian. “Sy het die reeksmoord­enaar vasgetrek, maar hy kan deur haar vingers glip.” Tog het Paul Spector (Jamie Dornan, Christian Gray in die Fifty Shades-flieks, 2015-nou) nie die Ierse polisie twee seisoene lank besig gehou om nou deur ’n wilde skieter afgemaai te word nie . . .

HY MOET BLY!

“Stella skree op die dokters om hom te red,” verklap Gillian. “Sy wil hê Paul moet leef. Hy het daardie vroue vermoor en hy moet boet.” Nie dat Jamie

sy hemplose tyd op die operasieta­fel geniet het nie. Die 35-jarige Ier het hom al uitgespree­k teen seksisme jeens mans in die vermaakbed­ryf, en sê deur op voorkoms te fokus, “doen afbreuk aan ’n storie en program. Dit bestaan vir mans, nes vir vroue, in die bedryf. Jy kan dit nie ontken nie.”

EK KOM WEER

Seisoen 3 is blykbaar nie die swanesang nie, en Gillian het al laat val sy sal terugkeer as daar ’n vierde seisoen is. “Ek is opgewonde om die rol weer oor ’n paar jaar te speel, om te sien wat in Stella se lewe aangaan,” sê die 48-jarige. “Ek is nog nie reg om koebaai te sê nie.”

REG EN WEG Bederfbrok­kie!

Paul oorleef die skietery. Hy’s daar tot die seisoenfin­aal (ep. 6, 25 Julie), maar dis die einde vir die karakter. “Dit was soos ’n veiligheid­skombersie,” het Jamie gesê ná seisoen 3 in Oktober 2016 in die VSA uitgesaai is. Maar daar’s nie kwade gevoelens nie. “Dis te veel gevra dat die SpectorGib­son-dinamika net aanhou en aanhou,” sê Jamie. “Maar ek gaan die program en Gillian baie mis.”

 ??  ?? Die speurhoof Stella Gibson kom vir die laaste keer teen die reeksmoord­enaar Paul Spector te staan.
Die speurhoof Stella Gibson kom vir die laaste keer teen die reeksmoord­enaar Paul Spector te staan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa