TV Plus (Afrikaans)

Vaderlike hulp

Die geestelike leier vader Brown sien alles raak.

- Seisoen 5 Vrydae BBC First (*119) 20:00 (begin 16 Junie) Father Brown

Staan eenkant toe, Sherlock Holmes – die deeltydse speurder, voltydse geestelike vader Brown (Mark Williams) hou sy oog op raaiselagt­ige sake in seisoen 5 van die Britse polisieree­ks Father Brown (2013-nou). Nie veel het verander in die fiktiewe Engelse dorpie Kembleford nie, maar Mark sê “die nuwe seisoen het ’n lewe van sy eie. En dis soveel pret om te maak. Op stel is die vraag altyd: ‘Wat doen ons vandag?’” En dit blyk vader Brown en die eintlike polisie het ’n rits moordraais­els om op te los . . .

ONTVOERDE BABA

Episode 1 is effens langer (’n uur en ’n half). Dis die spesiale Kersepisod­e en in die lig van die feesseisoe­n word niemand vermoor nie [dis in Desember 2016 in Brittanje uitgesaai]. Vader Brown sit hand by om ’n wonderwerk te laat gebeur deur ’n baba te vind wat by lady Felicia (Nancy Carroll) se Kersbal ontvoer is.

NOU WEG EN NETNOU TERUG

Daar’s ’n lang wag – tot episode 11 (25 Aug.) – om uit te vind wat van lady Felicia se swendelaar-bestuurder Sid Carter geword het. Alex Price het die rol gelos toe hy Draco Malfoy in die West End-verhoogstu­k Harry Potter And The Cursed Child gaan speel het. Nou kan Sid terugkeer, sowel as lady Felicia. Sy was net in die eerste twee episodes te sien voor sy saam met haar man [nooit op skerm gesien] weg is – hy is as goewerneur van Rhodesië aangestel. In werklikhei­d was die aktrise Nancy ook met verhoogwer­k besig. Wie sorg vir drama in Kembleford met die twee karakters uit die prentjie? Lady Felicia se niggie Bunty (Emer Kenny) daag in episode 2 (23 Junie) op en sy gaan ’n handvol wees – sy’s ’n verdagte wanneer die huishulp in die episode vermoor word. En in episode 14 (15 Sep.) verdwyn Charlotte Bailey (Allegra Marland) wanneer eienaardig­e VVV-ligte gesien word. Dan keer sy terug, maar is nie heeltemal haarself nie . . .

 ??  ?? Vader Brown verdeel sy tyd tussen diens aan sy kerk en die oplos van misdaadsak­e.
Vader Brown verdeel sy tyd tussen diens aan sy kerk en die oplos van misdaadsak­e.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa