TV Plus (Afrikaans)

Soeke na die regte maat

Nege mans en een vrou soek hul ideale pasmaat.

-

Boer Soek ’n Vrou Seisoen 10 kykNET (*144) (begin Donderdag 12 Oktober)

Die gewilde Boer Soek ’n Vrou is eersdaags terug met ’n tiende seisoen. Die tien deelnemers – nege mans en een vrou – is vanoor die hele land en hul ouderdomme wissel van 23 tot 60. Ons maak kennis met die jongste vyf boere en in ons volgende uitgawe met die ander vyf.

WILLIE, 23

Area: Viljoenskr­oon, Vrystaat

Boerdery: Saai en bees Op soek na: ’n Kind van die Here met goeie waardes. Sy moet eerlik, liefdevol, vriendelik en opreg wees. Sy moet ook passievol wees oor sake wat haar na aan die hart lê en van die natuur en buitelug-aktiwiteit­e hou.

RUAN, 27

Area: Jan Kempdorp, Noord-Kaap Boerdery: Gemeng Op soek na: ’n Vrou wat ’n familiemen­s is en ’n verhouding met die Here het. Sy moet ’n sin vir humor hê, onaf- hanklik en sorgsaam wees en van die buitelewe en platteland hou.

JACQUES, 27

Area: Loeriesfon­tein, N-Kaap Boerdery: Skaap en vervoerbes­igheid Op soek na: ’n Christen wat onafhankli­k is en haarself kan besig hou op die plaas, maar hom steeds as hoof van die huis sien. Sy moet goedversor­g, netjies en avontuurlu­stig wees, van die buitelewe hou en ’n sin vir humor hê.

ADRIAAN, 27

Area: Riversdal, Wes-Kaap Boerdery: Gemeng Op soek na: ’n Christen wat spontaan, sag en liefdevol is. Sy moet ook onafhankli­k en altyd eerlik wees, en hom met haar lewe vertrou.

EBEN, 29

Area: Dwaalboom, Limpopo Boerdery: Wildboerde­ry Op soek na: ’n Maat met ’n liefdevoll­e hart en ’n groot liefde vir die hemelse Vader. Sy moet lief wees vir die plaaslewe, familie en vriende en natuurlik vir hom, met haar eie belangstel­lings – stokperdji­es of kook.

 ??  ?? Minki van der Westhuizen, aanbieder van Boer Soek ’n Vrou.
Minki van der Westhuizen, aanbieder van Boer Soek ’n Vrou.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa