TV Plus (Afrikaans)

Die wêreld lyk anders

Mymoena en Estelle stamp koppe oor wat die beste vir Bianca en haar baba, Stella, is.

-

Suidooster Maandae-Donderdae kykNET (*144) 18:00

Al is Mymoena (Jill Levenberg) nog aan die herstel ná haar motorongel­uk en koma in Maart, is daar nie veel rus vir haar tuis nie. Op Donderdag 8 Junie bars daar ’n hewige argument los wanneer Mymoena en Estelle (Elsabé Daneel), Bianca (Simone Biscombe) se aanneemma, koppe stamp oor wat die beste is vir Bianca se baba, Stella (Phoenix Isabella Bennett). Dit bring Bianca by ’n kruispad. Moet sy haar kleinding grootmaak by haar regte ma, Mymoena, wat sy in November 2015 eers gevind het, of haar aanneemma wat al die jare goed was vir haar?

VERSKILLEN­DE SIENINGS

“Die wêreld lyk skielik anders ná die ongeluk, maar een ligpuntjie is Stella wat nou deel is van hul lewe,” sê Jill. Maar Stella gaan dalk nie meer lank deel wees van Mymoena-hulle lewe nie as Estelle haar sin kry . . .

Die argument begin op Woensdag 7 Junie wanneer die ma’s vassit oor wat die beste vir Stella is. “Estelle dink die Samsodien-huis is ’n onstabiele omgewing en dat dit Stella meer kwaad as goed doen. Sy is vas oortuig daarvan die plaas waarop sy buite Kuruman bly, is die enigste plek waar Bianca vir Stella kan grootmaak sonder enige drama,” sê Elsabé.

Mymoena is briesend oor die uitlating, en die argument spoel oor na Donderdag 8 Junie, wat in ’n moddergooi­ery tussen die ma’s ontaard. “Hulle baklei voor Bianca. Estelle eis Bianca moet terugkeer plaas toe. Sy beskuldig Mymoena daarvan sy is ’n swak ma, want haar seun Rhiyaaz (Anton Jeftha), wat dwelms gebruik, is nie ’n goeie voorbeeld nie. En dis onder haar dak dat Bianca swanger geword het,” vertel Jill.

BIANCA MOET KIES

Die onmin tussen haar twee ma’s verwar Bianca. “Die toutrekker­y oor haar en Stella is net te veel en boonop pynlik. Sy neem haarself kwalik vir die bakleiery en weet nie meer herwaarts of derwaarts nie,” sê Simone.

Teen Maandag 12 Junie klim die ma’s weer in mekaar se kele af, en Bianca stuur albei in hul peetjie, maar op Dinsdag 13 Junie kondig Bianca aan sy gaan terug Kuruman toe. Estelle is in die wolke, maar Mymoena se wêreld stort in duie!

Ons hoop Mymoena kan iets doen om haar Blom, soos sy Bianca noem, te oorreed om te bly. Ruiterbosc­h het die afgelope ruk al te veel inwoners verloor. Wie weet, dalk sit Estelle agter haar skielike besluitver­andering.

 ??  ?? Mymoena (links) en Estelle (regs) se siening oor hoe Bianca se dogter, hul kleinkind Stella, grootgemaa­k behoort te word verskil.
Mymoena (links) en Estelle (regs) se siening oor hoe Bianca se dogter, hul kleinkind Stella, grootgemaa­k behoort te word verskil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa