TV Plus (Afrikaans)

Sukses op die horison

Tommie se nuwe app-idee kry momentum.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 18:30

Tommie Bekker (Arno Greeff) kan dalk nie op die rugbyveld uitdraf soos sy ouer broer Reitz (Sean van Noordwyk) nie, maar hy is besig om sy entreprene­urstudie te voltooi en hoop om eendag ’n belowende loopbaan te hê. Hy het juis ’n blink plan vir ’n aanlyn vlooimark, en op Donderdag 8 Junie lyk dit of die droom dalk vinniger ’n werklikhei­d kan word as wat jy kan sê pale toe.

BREIN EN RIGTING

“Tommie is besig om groot te word,” sê Arno. “Hy het nog altyd die brein gehad maar nie heeltemal die rigting nie, en die twee begin nou in harmonie saamwerk,” voeg hy by oor Tommie se app-idee. Dit is basies ’n aanlyny winkel waar goed wat gewoonlik by vlooimarkt­e verkoop word, beskikbaar is vir enigiemand regoor die wêreld. Tot dusver staan sy ma, Nina (Jocelyn Broderick), en kleinsus Chrissie (Melissa Willering) bankvas agter hom en Nina het sy eerste belegger geword. Tommie se pa, Gideon (David Vlok), was egter gekant teen die idee [op Woensdag 24 Mei] en het Tommie nie die nodige ondersteun­ing gebied nie. Maar Gideon sal vinnig sy woorde en wantroue in sy seun moet sluk, want Tommie word op Donderdag 8 Junie deur oorsese beleggers gekontak wat in sy app belangstel. “Tommie is in die wolke, want dis groot beleggers uit Swede en China,” verklap Arno.

TWYFEL EN SLAGGATE

Tog is Tommie gewoond daaraan om aan homself te twyfel, en op Dinsdag 13 Junie is sy gedagtes in ’n warboel. “Omdat Tommie al voorheen foute gemaak het met sy aanlyn gedoentes en dronkbestu­ur [in April], besef hy hy kan nie dinge doen soos voorheen nie,”, sê Arno. Hy is bang hy trap in ’n slag slaggat en die beleggers is dalk b bedrieërs. En hy twyfel of hy sy idee moet verkoop, en of hy dit nie eerder self moet dryf nie. Dalk is sy wyse pa die een by wie hy raad moet v vra? Dis nou as Gideon die ke keer tyd sal maak vir Tommie . . .

 ??  ??
 ??  ?? Gideon.
Gideon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa