TV Plus (Afrikaans)

Troues & nagmerries

EJ Dimera kry ’n glimp van wat met hom kan gebeur as Sami van sy passievoll­e ontmoeting­s met Abby uitvind.

-

Days Of Our Lives Weekdae SABC3 (*193) 22:30

O gaats, EJ (James Scott) kyk hoe sy koninkryk begin verkrummel op Vrydag 16 Junie, wanneer iemand ’n koevert met foto’s van EJ en Abby (Kate Mansi) onder die DiMera-huis se deur instoot. En dis ’n probleem, want EJ is veronderst­el om getrou te wees aan Sami (Alison Sweeney). “Om die foto’s te sien is ’n skok,” sê James. “Iemand weet van sy passievoll­e afsprake.” James verduideli­k EJ is nie seker wat hy moet doen nie: “Dis een van die tye wanneer jy voel of daar iets gebeur, maar jy dink miskien gebeur dit nie regtig nie, en as jy wegkyk of jou oë knip, sal dit verdwyn.”

VUIL GEHEIMPIE

Ongelukkig vir EJ gaan die probleem nêrens heen nie. Maar voordat iets gebeur, speel sy skuldige gewete truuks met hom, en op Maandag 19 Junie kry hy ’n visioen van Sami wat van sy ontrouheid uitvind.

EJ en Sami is by die herehuis waar hulle hul troue bespreek wanneer Sami op die koevert en foto’s afkom. “Wat de hel is dit? Is dit iemand se idee van ’n grap?” skree sy. “Dis ’n profession­ele Photoshop-werk. Is dit Stefano (Joseph Mascolo) se handewerk?” Maar een kyk na EJ se skuldige gesig verklap sy geheim, en kykers weet daar is geen woede soos ’n verraaide Sami nie!

“Jy het seks gehad met ons babaoppass­er!” gil Sami. “Sy’s jou kleinboet se eksmeisie en skaars uit universite­it. Wat het jy gedink?” En EJ se woorde “dit het niks beteken nie”, maak haar net kwater. “Wat was so onweerstaa­nbaar? Sy’s jonk en maer en ek is nie?” Gelukkig is dit alles net in EJ se kop, want Sami klap hom en spring op hom asof sy hom aanval, en dan hou sy ’n vlymskerp briefoopma­ker teen sy bors voordat sy al huilende by die kamer uithardloo­p.

REALITEIT BYT

Later, op Maandag 19 Junie, gaan EJ na Abby se huis, waar Abby vir hom sê sy is swanger. En wie is kort op EJ se hakke? Sami, wat die trap agter Abby ophardloop. ’n Trap waar Abby afgegooi kan word . . . en dis wat gebeur. Maar dan vervaag Sami se gesig en die visoen is verby en ’n paniekerig­e EJ tel die koevert op en sien die foto. Dit beteken nie sy geheim is veilig nie. Iemand daarbuite weet wat EJ en Abby gedoen het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa