TV Plus (Afrikaans)

Nou of nooit! ’N MAKIETIE IN DRIE DAE

Brawe vroue vra hul kêrels die jawoord in ’n nuwe reeks met ’n kinkel.

-

Kom Ons Trou, Nou! Seisoen 1 Donderdae VIA (*147) 20:30 (begin 8 Junie)

’n Meisie moet darem dapper wees om, kompleet in ’n trourok en mooi gegrimeer en hare gedoen, voor haar kêrel se deur op te daag en hom die jawoord te vra – met kameras wat die hele petalje volg. Die vernederin­g as hy nee sê, en die kitstroue as hy wel instem – dis waaroor die kraakvars VIA-reeks Kom Ons Trou, Nou! (2017-nou) gaan.

IS JY SEKER?

Hoe gemaak as die man nee sê? “Dan sit ons met die gebakte pere,” sê Margaux van den Berg, wat die reeks saam met haar vennoot, Sunelle van den Berg (die twee is nie familie nie), aanbied. Margaux en Sunelle is geleenthei­dsbeplanne­rs en bestuur die Kaapse ondernemin­g Blank Canvas Event Design.

Die eerste seisoen bestaan uit sewe episodes, en Margaux was baie ge-

heimsinnig daaroor of enige van die voornemend­e bruide teleurgest­eld moes omdraai. Vir die gelukkige meisies wat die jawoord gekry het, word ’n droomtroue binne drie dae beplan. Dis ’n enorme taak om so ’n spesiale geleenthei­d binne so ’n kort tydjie te reël – en dit alles agter die bruidegom se rug, natuurlik.

“Dis onmoontlik om die hoeveelhei­d stres wat ek en Sunelle ervaar te beskryf,” sê Margaux. “Gelukkig kan ons op ons getroue kontakte en verskaffer­s reken, en so kry ons ’n onvergeetl­ike troue agtermekaa­r – elke keer.”

En as jy self op pad kansel toe is, bied die reeks jou inspirasie en idees.

BEKENDE PAARTJIES

Margaux en Sunelle is gesoute geleenthei­dsbeplanne­rs en het al vele plaaslike celebs se troue hanteer, soos Angelique Gerber en die rugbyspele­r Jacques Potgieter in 2016, en die akteurspaa­r Zetske van Pletzen en Altus Theart in 2012.

 ??  ?? Die geleenthei­dsbeplanne­rs Margaux van den Berg (links) en Sunelle van den Berg maak bruide se drome waar.
Die geleenthei­dsbeplanne­rs Margaux van den Berg (links) en Sunelle van den Berg maak bruide se drome waar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa