TV Plus (Afrikaans)

Gyselaars tuis

’n Dokter, ’n desperate FBI-agent, die eggenoot en die VSApreside­nt bots in die dramareeks Hostages, met al sy kinkels.

- Hostages Seisoen 1 Woensdae e.tv (*194) 20:30 (begin 14 Junie)

Dink jy om die magtigste man ter wêreld te opereer is stresvol? Dit raak erger in die enkelseiso­endrama Hostages (2013-2014): As dr. Ellen Sanders ( Toni Collette) nie die opdrag uitvoer nie, sal haar gesin sterf. En sy kan nie FBI toe gaan nie, want een van hul top-agente trek die toutjies! “Ek doen slegte dinge om ’n goeie rede,” sê Dylan McDermott, wat die spesiale FBI-agent Duncan Carlisle speel. “Hy’s nie goed nie. Hy probeer die president, wat hy gesweer het hy sou beskerm, doodmaak. Vir liefde.”

DIE GYSELAARS

Brian Sanders (Tate Donovan, Mark in die aksiereeks 24: Live Another Day (2014) bestuur ’n eiendomsag­entskap en verkul sy vrou, Ellen. Die rebelse tiener Morgan (Quinn Shephard, Claire in die aksiereeks Person Of Interest, 2011-2016) jok vir haar ouers oor baie dinge. Jake (Mateus Ward, Dustin in die polisieree­ks Murder In The First (2014- 2016) is in episode 1 gehok nadat sy “vals ID en drankgeld” gevind is.

DIE GEHUURDES

Archer (Billy Brown, speurder Nate Lahey in die dramareeks How To Get Away With Murder, 2014-nou) het sy lewe aan Duncan te danke.

Sandrine (Sandrine Holt, Patricia Thornton in die aksiereeks MacGyver, 2016nou) is Archer se vlootpel wat deur niemand vertrou kan word nie. En Kramer (Rhys Coiro) is Duncan se swaer wat sy suster, ’n leukemiely­er, probeer red.

NOMMER EEN Pres. Kincaid

(James Naughton, William van der Bilt in die reeks Gossip Girl, 2007-2014) steek nie net ’n skandalige nasionale geheim weg nie, hy’s ook ’n geskikte skenker vir Duncan se vrou.

 ??  ?? Daar’s leuens, drama en die dood betrokke by agent Carlisle (links) en dr. Sanders (regs).
Daar’s leuens, drama en die dood betrokke by agent Carlisle (links) en dr. Sanders (regs).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa