TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

kykNET (*144) Weekdae 19:30 Sepie

-

Verskeie terugslae het dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel) die afgelope maand getref. Twee weke tevore is die siektetoes­tand periferie neuropatie by haar gediagnose­er, nadat haar kêrel, dr. Steve Abrahams (Clint Brink), haar soos ’n warm patat vir sy vervreemde vrou, Bronwyn (Kim Cloete), gelos het. Boonop het sy nie die gesogte pos as hoof van onkologie gekry nie. “Soos gewoonlik gaan Annelize nie lê nie,” sê Cindy. “Sy kry altyd ’n manier om op te staan en die lewe vierkantig in die oë te kyk.” Sy het byvoorbeel­d weer liefde en troos gevind, die keer in die arms van dr. Conrad Bester (Hykie Berg). Cindy vertel meer van haar karakter.

Hoe voel Annelize oor al die “ongelukke”?

Verontreg. Sy’t haar hart daarop gesit om die pos as hoof van onkologie te kry, en sy was regtig lief vir Steve. Die siekte maak haar fisiek weerloos. Haar werk is haar lewe, en sy’t nog altyd gevoel sy kan haarself deur haar werk bewys.

Is haar nuwe verhouding met Conrad bloot ’n vlietende flirtasie?

Annelize is beslis aan die terugbons. En Conrad, wat ook seergemaak is omdat Pippa [Nadia Valvekens] nie sy liefde beantwoord nie, is in dieselfde bootjie. Hulle weet presies waar hulle met mekaar staan. Maar al doen Annelize dit net om haar ambisieuse doelwitte te bevorder, en Conrad sy redes het, geniet hulle hierdie passie en verhouding. Hulle is kollegas met voordele.

At (Hans Strydom) is woedend wanneer hy op Woensdag 7 Junie van Conrad en Annelize se verhouding hoor. Raak dit Annelize?

Glad nie. Sy geniet sy reaksie uiteraard, want sy meen At het haar te na gekom omdat sy nie die pos as hoof van onkologie gekry het nie. Wraak is altyd soet . . . Lees meer op bl. 14.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa