TV Plus (Afrikaans)

Soap On A Rope

SABC3 (*193) 19:30 Komedie

-

Alfred Ntombela het sy onnutsige lag en beste pel op die groot skerm, Leon Schuster, vir iets kleiners verruil. Die 45-jarige met die bynaam Shorty speel speurder Hannibal Masondo in die reeks binne ’n reeks in die TV-komedie Soap On A Rope (2016-nou). Hy sê om na ’n moordenaar te soek is anders as sy kenmerkend­e ondeunde fliekrolle.

Hoekom het jy die ernstigste rol in Soap On A Rope gekies?

Om eerlik te wees, was dit anders om ’n oudisie af te lê vir iets waarvoor ek nie bekend is nie. Ek het nooit gedink ek sou goed vaar in ’n ernstige toneel nie, maar dit het alles uitgewerk tydens die oudisies, en die draaiboek het konteks help bou.

Hoe was die strawwe verfilming­skedule?

Dit was woes! Ek het elke dag twee opnames binne ’n kort tydjie gedoen en alles het vinnig gebeur [die 13 episodes is binne 13 dae geskiet]. Dis ook anders om in ’n ateljee te verfilm as buite.

Soos? Met Leon se flieks skiet ons dit in die buitelug en die aksie is eg. Kameras volg jou en daar is heeltyd beweging. Wanneer ’n mens binne verfilm, is dit agter ’n muur. Daar’s min beweging en dit gaan alles oor gesigsuitd­rukking.

As Soap On A Rope vir seisoen 2 hernu word, sal jy Leon saamsleep vir ’n gasverskyn­ing?

Dit hang af, maar as Leon nog sterk en gewillig is, hoekom nie.

Waaraan werk jy nog? Ek werk met jong en onontdekte talent wat in die vermaakwêr­eld belangstel. Ek bied werkwinkel­s aan wat die jongmense help voorberei vir TV en flieks, ek stel hul CV saam en help hulle om die bedryf beter te verstaan, van bo tot onder.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa