TV Plus (Afrikaans)

Leef Jou Reis

-

Seisoen 5 kykNET (*144) 21:00 Leefstyl Die sanger en aanbieder Gerrie Pretorius reis die wêreld plat om van die interessan­tste en mooiste bestemming­s aan kykers te wys. Gerrie maak tydens sy omswerwing­e nie net nader kennis met elke land se kultuur en mense nie, maar neem soms afdraaipaa­ie om ook die ongewone te verken. Hy vertel meer van sy uitgestrek­te reise in seisoen 5.

Hoe het jy die bestemming­s vir die seisoen

gekies? Ons kies gewilde bestemming­s wat op talle kykers se emmerlys is, soos Machu Picchu (episode 6, 15 Mei). Ek sluit ook een of twee van my persoonlik­e gunsteling­plekke in, soos Tristan da Cunha, en St. Helena (episode 8, 29 Mei).

Watter plek sal jy uitsonder? Die eiland St. Helena omdat dit so lank vir toeriste ontoegankl­ik was. ’n Mens neem ’n tydsprong terug na die jare tagtig. Dié eiland is ook een van die mees afgeleë plekke ter wêreld. Die reis na St. Helena op een van die laaste koninklike posbote maak dit nog meer besonders. Die skrywer Johan Bakkes was my metgesel na die eiland. [’n Mens kan St. Helena deesdae ook per vliegtuig bereik.] Watter terugslae of hinderniss­e moes julle trotseer? Ons het aanvanklik beplan om van St. Helena 2 200 km per see oor ruwe waters na Tristan de Cunha te vaar, maar dit het ongelukkig nie uitgewerk nie. Die ondersteun­ingsboot het enjinprobl­eme opgedoen en gesink, ’n kaptein en een van die passasiers het malaria opgedoen, en ons moes terugdraai. Hierdie reis sal altyd by my spook as onafgehand­el. Kan kykers ’n sesde seisoen verwag? Ja, ons is besig met beplanning. Alaska, Ysland, Portugal en nog ’n 4x4-reis deur Afrika is tot dusver op ons reisprogra­m. Ek brand ook om kykers Mongolië te gaan wys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa