TV Plus (Afrikaans)

’n Nuwe begin?

Justin wil die pad vat saam met die voortvlugt­ige Amanda.

-

Alexa (Carina Nel) se dubbelgang­er is terug! Ja, Amanda (wat ook deur Carina Nel vertolk word) het einde Mei weer haar opwagting gemaak en een aand laat opgedaag by Justin (Dann-Jacques Mouton), aan wie sy eens op ’n tyd verloof was. Justin steek haar weg, want die polisie is op Amanda se spoor, maar hy besef gou dit kan nie vir altyd so aangaan nie. Dus beraam hy ’n plan om saam met haar te verdwyn.

EERBARE BEDOELINGS

Amanda is ’n voortvlugt­ige sedert sy in Maart vir Alexa, met wie Justin toe in ’n verhouding was, raakgeskie­t het. Justin het Amanda gehelp om uit Hillside te ontsnap voordat die polisie haar vir poging tot moord kon arresteer.

En nou is sy terug, want sy’t besef sy was verkeerd en het Justin eintlik nog lief en wil graag ’n toekoms saam met hom bou.

“Amanda se bedoelings is eerbaar,” vertel Carina. “Sy het nie ’n versteekte agenda nie. Sy wil die man wat sy liefhet weer in haar lewe hê.”

Justin was eers skepties, maar hy besef ál meer die gevoel is wedersyds en dat Amanda eintlik sy trouvrou is. Hy is vasbeslote om die klagte teen haar en die moontlike vonnis wat haar in die gesig staar, te probeer ongedaan maak sodat hulle ’n nuwe begin kan maak.

Dus klop Justin op Vrydag 9 Junie by die prokureur Lesedi (KB Motsilanya­ne) aan vir raad, maar hy is geheimsinn­ig genoeg om Amanda se identiteit te beskerm.

REG EN GEREGTIGHE­ID

Ongelukkig vir die paartjie raai Lesedi hom aan om die gereg sy gang te laat gaan. Lesedi sê Amanda moet haarself aan die polisie gaan oorgee, en dan die hof kans gee om uitspraak in die saak te lewer. Mismoedig keer Justin terug huis toe.

Later die dag (op 9 Junie) besef Lesedi Justin huisves ’n voortvlugt­ige wanneer sy onverwags voor sy deur opdaag en hom en Amanda saam betrap. “Amanda is vreesbevan­ge Lesedi sal haar aan die polisie gaan verklap,” sê Carina.

Maar Lesedi onderneem om dit nie te doen nie en hulle te help om die land in die geheim te verlaat – in ruil vir ’n guns. En daardie guns het te doen met die skatryk sakeman Chris Welman (David Rees).

DIE WRAAKPLAN

Lesedi het net twee dae tevore, op Woensdag 7 Junie, uitgevind wat die verband tussen haar en Chris is, verklap KB. “Lesedi is toe nie Chris se biologiese dogter soos sy vrou, Mariaan [Deirdre Wolhuter], heeltyd vermoed het nie. Lesedi se pa, Jacob [Patrick Shai], het op Chris se familiepla­as grootgewor­d. Jacob is destyds tronk toe gestuur vir moord, maar Lesedi het nou uitgevind hy was onskuldig – en dat Chris die eintlike moordenaar was,” vertel KB.

Dit beteken Lesedi wil wraak neem, maar daarvoor het sy hulp nodig, en dis iets wat Justin en Amanda kan bied. Hulle is desperaat om ’n toekoms saam te bou sonder om elke dag oor hul skouer te loer, en die paartjie stem op Maandag 12 Junie in om Lesedi te help in ruil vir hul vryheid.

Die volgende dag, op Dinsdag 13 Junie, gee Lesedi vir hulle al die nodige dokumente om ’n nuwe lewe in ’n ander land te begin, en verklap die detail van haar plan.

Justin bedank amptelik by Bruynwaves, groet sy broer Vince (Jacques Blignaut) en vertel hom vaagweg van sy toekomspla­nne.

Die eerste stap in Lesedi se plan word dieselfde aand nog (op 13 Junie) uitgevoer wanneer sy Chris besoek. Dit klink of hy nie gaan weet wat hom getref het nie.

 ??  ?? Amanda droom van ’n toekoms saam met Justin (inlas).
Amanda droom van ’n toekoms saam met Justin (inlas).
 ??  ?? Chris.
Chris.
 ??  ?? Lesedi.
Lesedi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa