TV Plus (Afrikaans)

Desperate Housewives

Daar’s ’n paar Desperate Housewives- reëls om te volg wanneer jy in Wisteriala­an woon.

-

Op soek na ’n dosis parmantige kykstof met ’n paar kinkels? Kry die springmiel­ies en skuif reg vir die donker komedie Desperate Housewives (2004-2014; al agt seisoene is beskikbaar op die internet-stroomdien­s Showmax). Die huisvroue is desperaat, maar elkeen vir iets spesifieks. Die nuweling Susan (Teri Hatcher) wil oorbegin, die beheervraa­t Bree (Marcia Cross) probeer almal hiet en gebied, die maniese ma Lynette (Felicity Huffman) soek ’n blaaskans van haar gek gesinslewe, en die oudmodel Gabrielle (Eva Longoria) wil haar gloriedae as ’n ster herleef. En wat die manbehepte Edie (Nicollette Sheridan) betref – sy soek net ’n sexy ou.

Maar dis nie net pret en plesier nie: Die program het ’n verteller (wyle Mary Alice, die stem van Brenda Strong) wat die sluier lig oor die buurt se skokkende geheime, want in die boomryke strate skuil skandale en selfs moord. Om jou te help inpas (en te oorleef), het ons ’n paar Wisteria-wyshede . . .

WENK #1: WEES GEMAKLIK DAARMEE OM ALLES TE WYS

Susan word nakend in die straat gelos in episode 3 van seisoen 1 wanneer haar eksman wegjaag met die punt van haar handdoek wat in sy kardeur vassit. Nog erger, net toe daag die sexy konstruksi­eman Mike (James Denton) op vir hul vergaderin­g . . .

WENK #2: SNOEI DIE HEINING LAAG

Gaby sny die gras in ’n kort rokkie in episode 1 van seisoen 2. Hoekom? Sy wil seker maak die tuindiens-hunk John (Jesse Metcalfe) is nie besig om blare op te hark soos hy veronderst­el is om te doen nie! Haar jaloerse man Carlos (Ricardo Chavira) wis van niks . . .

WENK #3: BLAAS BIETJIE STOOM AF

Ego’s is nie die grootste drama in episode 9 van seisoen 4 nie – Moeder Natuur is! ’n Tornado tref die dorp en laat ’n spoor van verwoestin­g. Wat dit nie agterlaat nie is die alkoholis Ida Greenberg (Pat Crawford Brown) – haar hele huis word weggewaai, saam met al die moeilikhei­d wat sy gegee het.

WENK #4: PERFEKSION­ISTE IS ’N PROBLEEM

Bree is obsessief-kompulsief. Nie ’n haartjie uit plek nie. Alles is soos sy daarvan hou: ordelik en onder beheer. Wanneer sy dus in episode 21 van seisoen 2 uitvind haar tienerseun Andrew (Shawn Pyfrom) hou van ouer mans, gaan laai sy hom by ’n vulstasie buite die dorp af . . . en ry weg.

WENK #5: ANDER MENSE SE KINDERS IS NIE JOU PROBLEEM

Lynette belowe haar man

Tom (Doug Savant) se noodlottig gewonde minnares Nora (Kiersten Warren) in episode 7 van seisoen 3 sy sal omsien na Kayla, Nora se dogter by Tom. Maar in seisoen 4 brand Kayla haarself met ’n haartang sodat dit lyk of haar “bose stiefma” haar mishandel. Gelukkig bieg Kayla telefonies teenoor ’n sielkundig­e en word na haar ouma toe gestuur.

WENK #6: KARMA KAN ELEKTRIES WEES

Edie rokkel graag mans af, soos Susan se kêrel Mike. Maar sy het ’n skokkende einde in episode 19 van seisoen 5 wanneer sy in water staan ná ’n karongeluk. ’n Ontblote elektriese kabel skok Edie en sy sterf in Susan se arms.

WENK #7: JOU BURE IS DALK VAN LOTJIE GETIK

Net omdat sy glo Mary Alice se wewenaar Paul (Mark Moses) het haar suster Martha vermoor, sny Felicia Tilman (Harriet Sansom Harris) twee van haar vingers af in episode 22 van seisoen 2 en gebruik dit om Paul skuldig te laat lyk.

 ??  ??
 ??  ?? Die huisvroue (van links): Edie, Susan, Bree, Lynette en Gaby.
Die huisvroue (van links): Edie, Susan, Bree, Lynette en Gaby.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa