TV Plus (Afrikaans)

Line Of Duty

Kate Fleming het haar ondersoeks­tewels aan in Line Of Duty.

-

Line Of Duty Seisoen 4 Donderdae ITV Choice (*123) 20:00

Die polisiedra­ma Line Of Duty (2012nou) sluit sy seisoen 4 met ’n knal af. Die nuwelingba­as Roz (Thandie Newton) moet die gevolge dra van haar rol in die toesmeerde­ry in die AC-12-departemen­t, en Vicky McClure laat deurskemer haar karakter, speur-superinten­dent Kate Fleming, se vasbeslote­nheid om korrupsie in die polisiemag uit te roei gaan haar hoër op in die hiërargie plaas.

Kate het ’n besige seisoen gehad . . .

Baie besig. Sy is tot dieselfde rang as Steve Arnott (Martin Compston) bevorder en sy kan nie wag nie. Sy het baie om te bewys in haar nuwe posisie, en geluk- kig is haar lewe darem nou rustiger, al is daar nog op- en afdraandes.

JyJ speel in ander reekse tussen die seisoene deur,d so kom jy gou weer in polisiemod­us?

KateK is nogal ’n maklike karakter om weerw gewoond aan te raak omdat sy sos veilig en gevestig in haar werk voel – om misdadiger­s te arresteer, vuurwapens­w te gebruik en om op geskiet te word.w [Lag.] Ek hou daarvan om Kate te speel,s want sy’s slim en ons sou vriende konk wees, maar sy maak my bang. [Lag.]

Sy het ook baie interaksie gehad met speurhoofi­nspekteur (DCI) Roz Huntley.

Van die begin was daar die valse vertroue, want dit het gelyk of Roz regtig vir die werk omgegee het. Sy het by ons almal ’n vals gevoel van sekuriteit geskep.

Wat het Thandie na die span gebring?

Sy was wonderlik en ons het lekker gelag. Thandie was eerlik daaroor om ’n goeie karakter te skep en ons het haar so welkom moontlik laat voel.

En het jy al forensies oorweeg, soos in die reeks?

Dis interessan­t en lewer boeiende drama, maar dis regtig uitdagend weens die tegniese dialoog.

 ??  ??
 ??  ?? Vicky McClure as speurder-superinten­dent Kate Fleming. Thandie Newton as die twyfelagti­ge polisievro­u Roz.
Vicky McClure as speurder-superinten­dent Kate Fleming. Thandie Newton as die twyfelagti­ge polisievro­u Roz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa